Erika Lubbe se afskeidsgeskenk aan VLVK

 

Erika Lubbe se afskeidsgeskenk aan VLVK

Posted by VLV in Announcements, Gebeurlikhede 15 Sep 2014

Erika skryf. . .

My afskeidsgeskenk aan VLVK:

ʼn Vaandel/optrekbanier vir gebruik by VLVK-geleenthede en -kongresse.

 

Dit is op my versoek vir my ontwerp deur mev. Claudia Bence, Saamroeper van Kunste en Handvlyt en mev. Suki Ferreira,  Voorsitter van die nuwe Malmaison-tak, Sirkel Middelland.

 

Ek het 3 vereistes gestel:

  • Die banier moet modern wees,
  • Jubileumhuis en die
  • VLVK-roos moet daarop wees.

 

Die betekenis van die simbole:

Rose ter erkenning aan die VLV-Kaapland-roos.

 

Lollipop-rose: VLVK se beeld is modern, ons is pro-aktief en ons verskuif verseker ons grense!

 

Die wortels is nie sigbaar nie, maar is gesond en anker die plant stewig en dit sorg dat die blare gesond is en die rose pragtig en kleurvol is.  Net so is VLVK se fondament, ontstaan, geskiedenis (wortels) ook nie sigbaar nie, maar dit is stewig en met sorg gelê en dit voed die sterk regop stele (VLVK) wat die verbinding – die voedingsaar tussen die sytakke (die nuwe VLV-takke) is wat uit dit stam of die steel: die Moederorganisasie (VLVK) groei.

 

Die roosplant in sy volle glorie: is die Landbou en Tuinbouportefeulje, want die volle roosplant (VLVK) het sy ontstaan (die wortels), die sytakke (nuwe Takke), die blare en die blomme ( goeie werk, diens, bemagtiging) aan landbou te danke en VLVK is vandag nog steeds onlosmaaklik aan landbou verbind, want alles ín en óm ons huise is landbou.

 

Die blare: as die blare nie gesond is nie, is die plant siek. Daarom verteenwoordig die blare die Gesondheidsportefeulje.

 

Die rose (die blomme) en die pienk kleur: is die Kunste en Handvlytportefeulje.

 

Jubileumhuis: is die huis, die tuiste, die hartklop van VLVK en elke VLVK-lid se trots en dit verteenwoordig die Openbare Sakeportefeulje.

 

Die woord, VLV, en die Jubileumhuisskets het dieselfde kleur en is dus onlosmaaklik met mekaar verbind.

 

Die blou kleur van die koppelteken in die woord, VLVKaapland, is dieselfde blou as die agtergrond van die VLVK-kenteken en ook dít is onlosmaaklik met mekaar verbind.

 

Die tekstuur, die agtergrond, vroulikheid en vrouwees verteenwoordig die Leefstylportefeulje.

 

Die leuse: Vroue met visie, is die  Opvoeding en Kultuurportefeulje.

VLVK was, is in der waarheid vandag en sal ook in die toekoms: Vroue met visie wees!

 

Erika Lubbe

VLVK-president

2005 – 2014

 

Lollipop rose

  • Marieka Bekker September 17, 2014 at 9:50 am / Reply

    Ai dis so mooi…en so waar…en net so perfek! Marieka Bekker – VLV Dordrecht

  • Elsje Gräbe September 27, 2014 at 8:19 am / Reply

    Baie mooi. Is die vaandel dalk te koop? Indien wel wat kos dit.?
    Dit sal darem baie mooi wees om dit tydens vergaderings buite die lokaal te hang sodat die publiek dit kan sien.

  • June Smit October 10, 2014 at 3:20 pm / Reply

    Sjoe, dis pragtihg.
    Dit sal wonderlik wees as elke tak so ‘n vaandel kan hê

Post a comment

one × 2 =