Erelid word 95

 

Erelid word 95

Posted by VLV in News, Vryburg Tak 18 Jul 2014

Sirkel: Kalahari

Tak: Vryburg

Beriggewer: Nellie Viljoen

Datum:  17 Julie 2014

 

Tannie Irene van der Vyver en Nellie Viljoen, sekretaris van Vryburg VLV

Tannie Irene van der Vyver en Nellie Viljoen, sekretaris van Vryburg VLV

 

Tannie Irene van der Vyver het op 17 Julie haar 95ste verjaarsdag gevier en Vryburg VLV was bevoorreg om hul erelid se verjaardag mee te maak.

 

Sy is gebore op Slurry en het as kind saam met haar ouers na Vryburg verhuis waar sy later met Hannes van der Vyver getroud is. Sy is reeds 45 jaar lid van Vryburg VLV en was die tak se tesourier vir 25 jaar. Sy geniet nog goeie gesondheid en hou haar aktief besig.

Die vd Vyvers

Die vd Vyvers

 

 

Post a comment

19 − 2 =