Ere-veldwagters vertel van hul werk

 

Ere-veldwagters vertel van hul werk

Posted by VLV in Hercula Tak, News 06 Mar 2019

Sirkel: Middelland

Tak: Hercula

Portefeulje: Openbare Sake

Beriggewer: Annemarie Emslie

Datum: 5 Maart 2019

 

 

 

Nicky en Wayne Bosman het ons tak besoek. Hulle is albei Ere-veldwagters by SANParke en veral by die Addo Olifant Nasionale Park.

 

 

Addo Olifant Nasionale Park het tans twee ingange.  Die hoofingang is vanuit Addo en die tweede ingang is vanuit Colchester.  Dit beteken dat besoekers van Port Elizabeth met die N2 via Colchester/Sondagsrivier die park by die tweede ingang kan binnegaan, en nie meer deur Motherwell hoef te ry nie.  Die park strek van die kusgebied. Alexandria tot by Darlington. Dit sluit dus ook dele van Colchester, Kabouga en Zuurberg in.  Die park het die afgelope paar jaar baie uitgebrei.  In 1918 was daar Olifante, Bufffels en Leeus.  Daar is toe besluit om die Olifante uit te dun en ongeveer 120+ Olifante is toe geskiet, sodat net 11 in 1931 oorgebly het.  Feitlik al die leeus is uitgwis. ‘n Sekere mnr Harvey, ‘n boer wat daar naby geboer het, het die Olifante in ‘n baie digte bos gejaag om hulle behoue te laat bly.  Vandag is daar ‘n gedeelte in die park vernoem na “Harvey se Bos”.  Daar is tans ongeveer 500 Olifante, Buffels, en 16 Leeus.  In 1931 is ‘n groot gedeelte van die park omhein met ou treinspoorstawe, pale en dik draad en staan vandag steeds bekend as Armstrong Fence.

 

 

Hapoor is ‘n bekende olifant van die park, maar moes ongelukkig geskiet word, aangesien hy aggressief geraak het.  Saam met hom was Domkrag, ‘n bergskilpad, ook bekend aan die park.

Die 16 leeus is meestal “ingevoer” van ander SANparke.  Daar is nie luiperds in Addo Olifant Nasionale Park nie, maar wel in die Zuurberg-area.

 

 

Ere-veldwagters se primêre taak is om die veldwagters oor naweke en tydens verlofperiodes af te los.  Deel van hul taak is om die omheinde gebied van Armstrong Fence te patroleer vir deugange onder die heinings, soos diere dit in veral na,t reënweer oopkrap.  ‘n Ander belangrike taak van die ere-veldwagters is opvoeding en verbreding van kennis aan skoliere tydens skooluitstappies.

 

Nicky het haar interessante praatjie toegelig met ‘n skyfievertoning.

 

Wayne en Nicky Bosman van SANparke

 

 

Petro Human, Saamroeper Openbare Sake, Wayne Bosman, Nicky Bosman , spreker en Marthie du Toit

 

 

 

 

 

Die spreker het vir elke lid’n spekboomplantjie gebring

 

 

Klein spekboompies

Post a comment