Epilepsie en Diabetes

 

Epilepsie en Diabetes

Posted by VLV in Vredendal Tak 19 Feb 2015

Sirkel:  Namakwaland

Tak:  Vredendal

Portefeulje:  Gesondheid

Beriggewer:  Anneline Beelders

Datum:  19 Februarie 2015

 

 

vredendal2 (Custom)

Willien De Kock en Francois De Waal

 

Tydens die tak se maandvergadering het die 27-jarige Francois de Waal die pad wat hy met epilepsie geloop het met die lede gedeel.  Hy het reeds as kind van Graad 3 af epileptiese aanvalle gekry ten spyte van volgehoue medikasie daarvoor. Na skool is hy na Wellington Opleidingskollege vir ‘n onderwysloopbaan. Medestudente en die koshuisvader was simpatiek en ondersteunend wanneer hy aanvalle kry. Volgens die koshuisvader leer dit mede-verantwoordelikheid vir mekaar. Hy ondergaan ‘n breinoperasie, maar dit help nie veel nie. Na ‘n tweede breinoperasie kry hy bloeding op die brein en die aanvalle hervat. Hy gaan gee proefonderwys, maar word baie siek, sy longe val plat en hy word met TB gediagnoseer en is 3 weke in ‘n Hoë Sorg Eenheid. Hy gaan in ‘n baie negatiewe toestand huistoe.  Intussen het hy die geestelike krag van geloof in die Here ontdek. By die tyd dat daar op ‘n derde operasie besluit word, het Francois se gemoedstoestand ‘n metamorfose ondergaan. Soos hy dit stel: “Ek weet nou waar my krag vandaan kom en fokus nie meer op my swakhede nie.” Hy leer dat sy gemoedstoestand ‘n impak het op sy leefwyse en dank die Here daarvoor. Francois staak sy onderwysopleiding en studeer nou vir funksionele terapeut by Perspektief Opleidings Kollege, Potchefstroom.

 

vredendal1 (Custom)

Dalene Hein

 

By dieselfde vergadering het Dalene Hein, ‘n diabeetlyer, vertel van die wondermiddel wat sy ontdek het. Dis ‘n Meksikaanse saadjie bekend as Chai en vertiendubbel glo sy volume in water. Dit bevat besondere genesende eienskappe. Proteïene, essensiële vetsure, vesel en komplekse koolhidrate help met gesonde spysvertering, verlaag cholesterol, stabiliseer bloedsuiker en help die liggaam om ander nutriënte te absorbeer. Dis ook ryk aan minerale en vitamiene.  Dit verlaag bloeddruk, verlig gewrigspyne en les bes sorg vir gesonde naels, vel en hare. ‘n Bonus is dat die gebruiker nie meer ‘n begeerte het na gemorskos nie – voel blykbaar versadig. Dis beskikbaar by gesondheidswinkels en by Woolworths.

 

vrededal (Custom) (2)

Dr Anna Louw

 

Die VLV lede het vriendskapsmunte bygedra tot die Wêreldbond van Plattelandse Vroue en ‘n vriendskapskers is ook aangesteek.

Post a comment

three × one =