Entrepreneur geniet die VLV

 

Entrepreneur geniet die VLV

Posted by VLV in SIRKEL NUUS 14 Sep 2015

Sirkel: Paarl

Portefeulje:  Entrepreneurskompetisie 2de prys

Beriggewer:  Annalise Loubser

Datum: 14 September 2015

 

 

IMG_2699 - Copy

By Ampsdraersvergadering moet julle luister!! Sekretaris Berta Spangenberg, Sirkelpresident Marinda Rall, Tesourier Jean Rosenstein en Vise-sirkelpresident Monica Geldenhuys

 

 

Elsabé du Plessis van Wellingtontak verdien groot lof. Sy het deelgeneem aan VLVK se Entrepreneurskompetisie in die Afdeling vir Groot Entrepreneurs. Sy het die tweede plek behaal en is beloon met ‘n kontantprys, resepteboek, ‘n bottle wyn (Ernie Elsverpakking) en ‘n pragtige silwer trofee met haar naam op. Bertie Cloete, seun van die bekende Elizabeth Cloete, het die kompetisie geloods en die borge bekom vir die pragtige pryse. Elsabé is ook genooi om saam met die ander drie finaliste te verskyn op die TV-program Kwela. Haar vliegtuigkaartjie is ook vir haar betaal.

 

 

Wat alles so spesiaal maak, is dat sy haar sukses aan die VLV toeskryf. As jong getroude het sy besef dat sy gereeld sal moet gaan aanklop by die mense wat weet. Sy het begin om elke maand na die VLV-vergadering toe te gaan om te leer en is nou al  43 jaar lank lid.

 

 

Die sirkel het ook ‘n bos blomme aan haar oorhandig. Wellington se voorsitter, Karen Barnard, is ook bedank daarvoor dat sy vir Elsabé ingeskryf het.

 

 

Sirkel Paarl is voorwaar trots op hierdie lid wat nog entoesiasties is oor VLV so tussen al haar bedrywighede. Sy wens die VLV groei in nuwe lede toe en ontvang haar pryse met “Geniet die VLV!”

 

 

IMG_2706 - Copy (2)

Elsabé du Plessis en Marinda Rall

 

 

 

 

 

Post a comment

eleven − 8 =