
Enigste in SA
Sirkel: Worcester
Tak: Maria Stofberg
Portefeulje: Opvoeding en Kultuur
Beriggewer: Susan Engelbrecht
Datum: 8 Mei 2014
Babsie Crafford, Programbestuurder by NID (Nasionale Instituut vir Dowes) Kollege te Worcester lig die lede in omtrent hul werksaamhede by die Kollege. Dit is die enigste kollege vir dowes in Suid Afrika en Afrika. Die Kollege se hoofdoel is om dowes te bemagtig vir beroepe, en om hulle volle potensiaal te bereik om hulle regmatige plek as burgers in Suid Afrika in te neem. Kursusse wat aangebied word is: Rekenaarstudie, gasvryheid en kookkuns, landbou, skoonheidsterapie, konstruksiewerk, stoffeerwerk, kleuteropleiding en juwelierskuns. 60% van die studente word suksesvol in beroepe geplaas. Die Kollege sorteer nie onder De La Bat Skool vir dowes nie. Besoek gerus hul webwerf www.nid.org.za
Babsie Crafford lig die lede in omtrent hul werksaamhede by die Kollege.
Elsie Vorster (sameroepster) bedank Babsie vir n baie insiggewende praatjie.
Elsie Vorster, sameroeper van Opvoeding en Kultuur, bring hulde aan Volkspele wat vanjaar ‘n eeu oud is. Voor volkspele amptelik in 1914 begin speel is, het die danse as “piekniekspeletjies” bekend gestaan. In die bloedige son op 28 Februarie 1914 is daar vir die eerste keer Volkspele gehou op die plaas Vuisfontein buite Boshoff. Agtien van die lede van die tak wat by die vergadering teenwoordig was, het vroeër volkspele gespeel.
Rina Crous wens die verjaardagdames geluk met die volgende wense: Koester al die blye oomblikke in julle lewe. Dis ‘n sagte kussing vir die jaar wat voorlê.
Rina Crous wens die verjaardagdames geluk met die volgende wense: Koester al die blye oomblikke in julle lewe. Dis ‘n sagte kussing vir jaar wat voorlê.
Elsie Vorster, sameroepster van Opvoeding en Kultuur, bring hulde aan Volkspele.
Van die juweliersware wat by Kollege gemaak word.