Elke kussing vertel ‘n storie

 

Elke kussing vertel ‘n storie

Posted by VLV in Announcements, Voëlvlei Tak 25 Jun 2014

Sirkel: SWD
Tak: Voëlvlei
Portefeulje:  Leefstyl
Beriggewer: Elize Locke/Reeva Pienaar
Fotograaf:  Tineke Reinink
Datum: 25 Junie 2014

Op ons pas afgelope Leefstylvergadering is ons begroet deur ‘n naaldwerkuitstalling van Annemarie Grewar, ‘n lid van die Naaldwerkgilde op Mosselbaai.  Sy het ons eers gewys om speldekussings te maak van ‘n 2L koeldrankproppie, ‘n rekkie, watteersel, ‘n sirkelvormige katoenlappie en ‘n stukkie kant.  Voilà! ‘n spoggerige ringvormige speldekussing.

Anette, ‘n afgetrede onderwyseres vertel ons daarna van haar storiekussings.  Sy gebruik wasbare, kleurvolle materiaal wat geskik is vir kinders om die opvoedkundige kussings mee te maak.  Daar is mens- of dierefigure op die kussings, asook huisies met deurtjies en vensters wat oop en toe kan maak. Hierdie spesiale kussings word gemaak om teen slaaptyd uit die kas gehaal te word en dan gebruik vir ‘n interessante storietyd vir die kleuter.

??????????

Die doel van die kussing
– Die kinders vertel self wat hulle sien – mense, diere, goggas, voertuie, ens.
– Watter soort diere, goggas, ens.
– Moet die diere, goggas, balle, ens tel.
– Geheueoefening – watter gogga/dier kruip agter die vensters van die huisie weg.
– Interaksie – Watter geluid maak die dier, kind, voertuig. Kan jy dit ook doen?
– Watter goggas, diere, is die meeste, minste, eweveel, onder of bo?
– Ken jy die diere – gee hul name bv Piet Muis.
– Wie staan eerste, tweede, derde?
– Kind moet self vasmaakgoed doen, soos die knope, ritse, veters, ens.
– Kan jy kruip soos ‘n wurm, waggel soos ‘n eend.

 

Die kussings is beslis ‘n uitstekende leermiddel vir voorskoolse kleuters.

 Die spogtafel het gekreun onder die uitstalling van die verskillende handwerk waarmee die Voelvlei-dames hulself besig hou.


Die spogtafel het gekreun onder die uitstalling van die verskillende handwerk waarmee die Voelvlei-dames hulself besig hou.

Annemarie Grewar.

Annemarie Grewar.

Post a comment

1 + 18 =