Ek is gelukkig

 

Ek is gelukkig

Posted by VLV in Murraysburg Tak 26 Aug 2015

Sirkel:  Noord-Karoo

Tak:  Murraysburg

Beriggewer:  René Swanepoel

Datum:  26 Augustus 2015

 

 

Kobus Smith met sy begeleiers, Samantha en Eddie, kuier by die VLV-dames.

 

DSC02497

 

Kobus het uit Port Elizabeth op Murraysburg begin skoolgaan in 1989.  Die gemeenskap het hulle oor hierdie kinders ontferm en hy het gereeld op ‘n plaas gaan kuier.  Ongelukkig is hy na ‘n frats ongeluk op die plaas in 1991 ‘n parapleeg gelaat.  Hy is ‘n inwoner van Huis Robertson in Milnerton, Kaapstad.

 

Om sy pensioen aan te vul, ry hierdie 44-jarige gestremde man elke dag na die Canal Winkelsentrum om die tydskrif “Big Issue” te verkoop.  Die NG Kerk ondersteun hom gereeld met finansiële bydraes.

 

Die voorsitter het d.m.v. donasies (reis- en verblyf) gereël dathy vir ‘n week op Murraysburg kon kom kuier. Sy laaste besoek was in 1993! Hy het ook sy lewensverhaal aan die VLV-dames vertel.  Merkwaardig dat hy kan sê:  “Ek is gelukkig!”

Post a comment

one × 4 =