Eerste Konferensie deur Diepkloof

 

Eerste Konferensie deur Diepkloof

Posted by VLV in Diepkloof Tak 04 Mar 2015

Sirkel:  SWD

Tak:  Diepkloof

Beriggewer:  Anita Fourie

Datum:  4 Maart 2015

 

diepsloot (Custom)                                         diepkloof4 (Custom)

 

 

Die tak bestaan reeds 87 jaar en omdat daar gespog kan word met n splinter nuwe saal was dit vir die tak ‘n voorreg om op 4 Maart vir die eerste keer konferensie te kon aan bied.  Die tak bestaan uit 22 lede waarvan ‘n aantal bejaard en bo 80 is. Die 14 jonger lede het hard gewerk en almal se talent is tot die uiterste beproef. Die pragtige blommerangskikkings, heerlike ete en die gebak tydens teetye is als deur Diepkloof lede gedoen.

 

diepsloot2 (Custom) (2)

Sirkel president Johlene Muller

 

Die Suid Afrikaanse vlag is ingedra deur ‘n erelid, die 87 jarige Mev. Helene Robertson, reeds 60 jaar lid van die tak.  Mev. Maxie Barnard het die VLVK vlag ingedra en sy ontvang haar 40 jaar knopie tydens konferensie.

 

diepsloot3 (Custom)

Openingspreker dr. Arnel Huisamen en Anita Fourie

 

Die opening spreker was Dr. Arnel Huisamen en haar praatjie het gehandel oor visie.  Al kyk ‘n mens na dieselfde voorwerp is dit wat jy in die voorwerp sien nie noodwendig dit wat ‘n ander persoon sien, ervaar en beleef nie.

 

diepsloot1 (Custom)

Dankie persoon, Martha v Rooyen, Mev Helene Robertson, Anita Fourie, tak voorsitter.

 

Sirkel SWD wys ook in 2015 sy eerste dankie persoon aan nl. Mev. Martha v Rooyen, president van die Suid Afrikaanse Unie van Huisvroue-klubs. Sy verteenwoordig haar organisasie drie keer by wêreldkongresse nl. 2007 Finland, 2010 Amerika en 2013 in Indie. Op 83 jarige ouderdom leef die merkwaardige oud onderwyseres steeds haar droom uit nl. om vroue te bemagtig om handwerk te doen. Sy glo as jy met jou hande kan werk, kan jy kos op jou tafel sit. Sy gee ook weekliks opleiding by die gevangenis aan oud gevangenis wie uit is op parool.

 

 

Landbou:  Ruben Barnard  lewer n baie interessante praatjie oor die verbouing van peperwortel.

 

 

Openbare sake:  Personeel van DBV spreek konferensie toe en vertoon skyfies. Alle lede was versoek om hondekos te bring wat na afloop van konferensie aan DBV geskenk word.

 

 

Leefstyl: ‘ n Uitstalling van unieke tafellopers. Die lopers word gemaak deur lae materiaal opmekaar vas te stik en dan met ‘n soldeerbout te smelt-brand.

 

 

Opvoeding:  Dr Ockie Stander lewer ‘n leersame en interessante praatjie wat handel  oor die  effek wat armoede op mense gelaat het.  Na die oorlog vroeg in die 1900 eeu was daar groot armoede in, onder andere die Oudtshoorn distrik. Volstruis vere het rykdom gebring aan ‘n aantal persone wat tot gevolg gehad het dat ryk broers en susters nie hul arm broers en susters wou ken nie. Die arm mense is hervestig op n plek genaamd Armoed, die naam is later verander en vandag bekend as Volmoed.

 

Kuns en kultuur:  Mev. Elsje Grabe laat konferensiegangers blomme maak van papierpulp eierhouers, dit was vet pret en heerlik om te maak.

 

 

Gesondheid:  Magriet Oberholster se uitstekende praatjie handel oor kinderopvoeding.

 

diepkloof1 (Custom)

Eetgoed wat tydens teetyd voorgesit is

 

Diepkloof tak, met Sanet Barnard aan stuur van sake, was verantwoordelik vir die heerlike kos.  Daar is vooraf besluit geen rys, vleis, aartappel en pampoen vir die okkasie nie. Sy het met ‘n paar Hilda resepte vorendag gekom wat die gaste behoorlik lippe laat aflek het.  Hoender en botterskorsie lasagne, broccoli met spek, sonneblomsaad en rosyne, waatlemoen, feta en roket slaai en n tamatie en Israeli komkommer salsa. Heerlike koek en tee is bedien, Konferensiegangers het die dag geniet en  baie positiewe terugvoer is ontvang.

 

diepkloof2 (Custom)                                        diepkloof3 (Custom)

Konferensie gangers smul aan n heerlike ete

 

Post a comment

four × 1 =