Een van meer as 20

 

Een van meer as 20

Posted by VLV in News, Paarl Aandtak 20 Jun 2014

Sirkel: Paarl

Tak: Paarl Aandtak

Portefeulje: Opvoeding en Kultuur

Beriggewer: Una Engelbrecht

Datum: 19 Junie 2014

 

Isabeau Botha, bemarkingshoof van die Afrikaanse taalmuseum  en –monument in die  Paarl vertel aan die lede van die Paarl Aandtak meer oor die monument op hul dorp, wat volgende jaar 40 jaar oud is – een van die meer as 20 taalmonumente in SA.

 

Die museum bied opvoedkundige programme aan, bewaar ons erfenis, gee publikasies uit, lei toere, doen navorsing, en vele meer.

 

By die monument, ontwerp deur argitek Jan van Wyk, is die besoekersentrum en Volksmond-koffiewinkel, speelarea vir kinders, sterrekykaande en volmaanpieknieks baie gewild. Funksies word ook hier aangebied en die area neem in gewildheid toe vir trou-, advertensie- en modefoto’s.  Die opennnbare afvuur van ‘n kanon is ‘n nuwigheid waarmee vanjaar begin is.

 

IMG_1748-001

Stella Mullineux, Margie du Plessis, Una Engelbrecht (sameroeper), Isabeau Botha van die Taalmuseum en -monument, Sura Swart, Tertia Swartz

Post a comment

18 + 14 =