E-Afvalherwinning

 

E-Afvalherwinning

Posted by VLV in Kuilsrivier Tak 02 Sep 2015

Sirkel:  Tygerberg

Tak:  Kuilsrivier

Portefeulje:  Landbou

Beriggewer:  Elmine Möller

Datum:  2 September 2015

 

DSC05600

 

Op Woensdag 2 September 2015 tydens die Landbou Algemene Vergadering, het Noël en Rita Bradford van Cape E-Waste in Brackenfell die lede kom toespreek oor die herwinning van e-afval.  Volgens hulle kan alle elektriese en elektroniese komponente herwin word.  Die artikels word uitmekaar  gehaal en dan word die verkillende komponente soos plastiek, metaal, koper ens. uitgesorteer en apart herwin.  Feitlik die hele artikel kan herwin word.  Plastiek word gemaal en na China gestuur waar dit hergebruik word.

 

Alle elektriese en elektroniese apparate kan by take van Makro of Incredible Connection ingehandig word, vanwaar dit weer versamel word.

 

Herwinning is belangrik aangesien skadelike stowwe in die grond lek en siektes kan veroorsaak.  Die stortingsterreine word ook oorvol van artikels wat herwin en hergebruik kan word.

 

Wetgewing gaan baie strenger word om mense te dwing om alle e-afval te herwin, want Suid-Afrikaners is nog nie genoeg bewus van e-afval herwinning nie.

 

Dit was voorwaar ‘n interessante praatjie wat ‘n mens weer opnuut bewus gemaak het van ons omgewing en dat ons feitlik alles kan herwin.

 

Marlene Lotz (Landbousaamroeper) het vir Noël en Rita Bradford bedank en van die stukkende elektriese apparate wat die lede saamgebring het, aan hulle oorhandig vir herwinning.

 

DSC05601

 

Hannie Rossouw bedank vir Mev. Caro Ekermans, Sirkel president, wat die beoordeling gedoen het.

Post a comment

seven + five =