Dwelmverslawing

 

Dwelmverslawing

Posted by VLV in Brackenfell Tak 19 Mar 2015

Sirkel:   Tygerberg

Tak:   Brackenfell

Portefeulje:   Openbare Sake

Beriggewer:   Lettie van Wyk

Datum:   19 Maart 2015

 

 

brackenfell (Custom)

Shanet Regal, stigter van ‘The Enez Foundation’  het met die lede kom praat oor die probleme wat die familie van die dwelmverslaafde ondervind.    Met  ‘n Diploma in Berading  het sy besef dat  haar roeping daarin lê  om familielede van die verslaafde by te staan nadat sy baie jare self in haar huwelik hierdie probleem moes hanteer.   Vandag kan sy eerstehands ook getuig dat daar hoop is na rehabilitasie.    Alles draai om die verslaafde en in familieverband word hy altyd eerste gestel.    Dis die familie se klein geheim en die verslaafde regeer.   Dis ‘n siklus wat homself weer en weer herhaal en verandering is alleen moontlik as die familie die verslaafde nie meer beskerm nie en hy  self verantwoordelikheid moet neem vir sy dade.   Dis nie ‘n maklike pad nie, maar daar is hoop.

 

Die trofeë vir die meeste en tweede meeste punte  van 2014 se kompetisies op takvlak is oorhandig.    Die tak  het ook gespog met wat Brackenfell behaal het gedurende die pas afgelope konferensie.

 

 

brackenfell6 (Custom)

Brackenfell het die Presidentstrofee verwerf by Konferensie 2015 en hier oorhandig Elba van der Merwe, huidige voorsitter, die trofee aan Fanny le Roux, vorige voorsitter (links), uit erkenning vir haar reuse aandeel daaraan.

 

 

brackenfell5 (Custom)

Isabel Swanepoel oorhandig aan  Elba van der Merwe  haar trofee vir die meeste punte.

 

 

brackenfell4 (Custom)

Elsebe Swart met haar trofee vir die tweede meeste punte.

 

 

brackenfell3 (Custom)

Tydens Konferensie 2015 het Susan de Villiers die trofee vir die beste naaldwerk ontvang en hier verskyn sy saam met Elba van der Merwe, voorsitter van Brackenfell.

 

 

brackenfell2 (Custom)

Die pragtige weefwerk wat aan Susan die trofee besorg het.

 

 

brackenfell1 (Custom)

‘n Pragtige  kombers  deur die lede gemaak,  is uitgeloot vir takfondse en Mary-Jane van der Berg was die wenner.

 

 

Post a comment

9 − two =