Dwelms

 

Dwelms

Posted by VLV in Graafwater Tak 10 Mar 2015

Sirkel: Weskus

Tak: Graafwater

Portefeulje: Gesondheid

Beriggewer: Maritha de Klerk

Datum: 10 Maart 2015

 

graafwater2 (Custom)

Op 10 Maart 2015 het Sersant Jaco Smit en Riaan Bester van Vredendal SAPS se dwelmtak die VLV tak van Graafwater toegespreek oor dwelms.  Daar is drie van die bekendste dwelms behandel en newe effekte word ook bespreek.

 

Dagga word van die plant Cannabis Sativa gemaak.  Die blare, blompunte en pitte word verwerk . Dit word gerook in ‘n pyp, bottelkop of sigaret. 1Gram dagga kos R1.

Mandrax is die handelsnaam van ‘n kalmeermiddel. Dit kom voor in ‘n pil vorm wat fyn gedruk word. Word gerook deur ‘n “witpyp” asook saam met dagga  deur ‘n bottelnek. 1 pil kos R60.

 

Tik se hoofbestanddeel is efedrien (Skedule 6 medisyne wat slegs op voorskrif verkry kan word). Dit is die mees verwoestende dwelm ooit. Kom in poeier of  kristalvorm voor.  Kan gerook, gesnuif, gedrink of gespuit word.  Word verkoop in ‘n strooitjie of plastieksakkie. Word gerook deur ‘n gloeilamp of “’n Lollie”.  ‘n  Sakkie van .3gram kos R30. Die vergadering is oopgestel vir vrae en baie vrae is gevra en beantwoord.

 

graafwater1 (Custom)

Van links na regs:  Sersant  Jaco Smit, Hanli van Zyl (sameroepster), Riaan Bester en Claudie Lintvelt (voorsitter)

Post a comment

nine − 8 =