Durbanville reik uit

 

Durbanville reik uit

Posted by VLV in Durbanville Tak 18 Jun 2015

Sirkel : Tygerberg

Tak:  Durbanville

Portefeulje:  Kuns en Handvlyt

Beriggewer:  Hester Geringer

Datum:  18 Junie 2015
 

 

DSC02332 (Custom)

Hier by die kers staan Annette Conradie.

 

Een van die beoordelaars wat die tak graag gebruik het is mev. Alta du Preez.   Sy is onlangs oorlede, en die lede het ‘n kers gebrand vir haar.   Die tak sal haar regtig mis, want sy was altyd behulpsaam en het met grasie haar beoordeling waargeneem.

 

 

DSC02333 (Custom)

Marina Jansen staan hier by Menitza Visser.

 
Dit was die tak se Kunste en Handvlyt vergadering en Menitza Visser het  die pragtige viniel-poppe wat sy maak kom wys.  Dit neem seker die beste deel van 3 weke indien nie langer nie om hierdie poppe te maak. Daar is verskeie “kits” beskikbaar, maar mens kan ook die poppe so verander, as jy van ‘n foto af werk, dat dit lyk soos wat jy dit graag wil hê dit moet lyk.

 

 

DSC02335 (Custom)

Durbanville is maar voortdurend besig met uitreikaksies, en hier is ‘n paar teddies wat gebrei is wat hulle dan aan Tygerberg-hospitaal gaan skenk.

Post a comment

5 × four =