
Dung Beetle
Posted by VLV in Uitenhage Tak
15
Sep
2015
Sirkel: Middelland
Tak: Uitenhage
Portefeulje: Landbou en Tuinbou
Beriggewer: Lynette Martin
Datum: 15 September
Met die viering van VLV Uitenhage se 85ste bestaansjaar het die lede ‘n heerlike noenmaal genuttig by Dung Beetle Guest House te Addo.
Rod van Heerden vertel die lede hoekom die Addo Flighless Dung Beetle (Escarabajo pelotero – Spaans) so ’n belangrike insek in hul omgewing is:
- langlewend en habitat spesifiek;
- raar en vlerkloos (kan nie vlieg nie);
- een van ons grootste bal-rollende spesies;
- Mis voorkeur: Olifantmis vir volwassenes( manlik en vroulik);
- Buffelmis slegs vir die wyfies omrede dit die broeiballe is vir die enkel eier wat gelê word.
- Ontwikkel in ‘n tydperk van 90 – 120 dae en benodig 8 ure van ons atmosfeer om “hard ” te word.
Foto’s van Addo Flighless Dung Beetle met vergunning van RG van Heerden.
VLV Uitenhage lede in gesellige luim by die gastehuis in Addo