Driekuns

 

Driekuns

Posted by VLV in Hofmeyr Tak, News 19 Sep 2011

Sirkel: Cradock

Tak: Hofmeyr

Portefeulje:  Kuns & Handvlyt

Beriggewer:  Teresa Opperman

Datum: 19 September 2011

 

Hofmeyr VLV was onlangs weer bevoorreg om twee nuwe lede, ‘n Ma en dogter as lede te wen.  Penny Els en haar dogter Marguerite Hattingh is ywerige deelnemers aan elke kompetisie en vaar ook uitstekend.  Die twee word na elke vergadering vergesel deur Marguerite se twee kleingoed. 

 

Penny en Marguerite is twee van die drie stigterslede van die werksgroep vir armes wat op Hofmeyr tot stand gebring is.  Onder hul leiding word opleiding verskaf aan ongeveer 12 vroue.  Die getal wissel aangesien die aanvraag na voedsel nie altyd dieselfde is nie.  Die vroue ontvang opleiding in naaldwerk en handvlyt en ‘n bord kos word daagliks aan werkers voorsien.  Die artikels wat vervaardig word, word landswyd versprei en sodoende word ‘n inkomste verkry waaruit die werkers ‘n geringe salaris ontvang.  Die werksgroep is afhanklik van bydraes van veral weggooigoed wat dan in kunswerke omskep word. Hierdie drie vroue van Hofmeyr VLV “Bou ‘n brug”.

 

Marguerite Hattingh met Christiaan op die skoot, en Penny Els met Amorey op die skoot tydens die VLV vergadering waar van hul werksgroep se produkte uitgestal en te koop aangebied is.

Post a comment

3 × one =