Dramatiese vergadering

 

Dramatiese vergadering

Posted by VLV in News, Upington Tak 07 Mar 2014

Sirkel: Noordwes-Kaap

Tak: Upington

Portefeulje: Opvoeding en Kultuur

Beriggewer: Magda Le Roux

Datum: 6 Maart 2014

 

Twee jong nuwe lede woon die vergadering by.

Nuwe lede Lise-Mari vd Watt & Tineke Brooks.

 

7 Inskrywings word ontvang vir die Fleur et Skoen kompetisie. ‘n Resep vir “creative cement” is as volg: gelyke dele babapoeier, pva verf en kouelym. Meng goed. Die jaarlikse prysuitdeling vind plaas en 2 lede ontvang hul 30jr en 20jr kentekens.

Corrie Botha – 1ste prys, Rina Brink – 2de prys, Magda le Roux – 3de prys, Helene Kriel – weefwerk prys.

Hendrika Pearson (30jr) en Rina Brink (20jr).

Mev Olga Malan, ‘n drama-,sang- en musiekonderwyser, vertel ons hoe belangrik enige vorm van toneelspel is vir die ontwikkeling van ‘n persoon se volle menswees. Dit verbeter lees en begrip, bevorder analitiese denke en karakter asook kreatiewe denke. ‘n Graad 11 leerder lewer kort dramastukkies. Met drama en toneelspel kan aktuele vraagstukke aangespreek word en drama verskaf ook goeie vermaak.

Joline Human doen drama opvoering.

Post a comment

sixteen + eighteen =