Douglas se dames leef gesond

 

Douglas se dames leef gesond

Posted by VLV in Douglas Tak, News 13 May 2014

Sirkel: Kimberley en distrik

Tak: Douglas

Portefeulje: Gesondheid

Beriggewer: Hanneke Botha

Datum: 13 Mei 2014

 

Anneke Franken is gebore en getoë in Douglas. Sy het haar dieetkunde graad by Kovsies behaal. Sy werk tans by Hester Malan Hospitaal en by klinieke as dieetkundige.

Anneke Franken het ‘n  passie vir wat sy doen.

Anneke praat oor porsiegroottes. Sy vestig ons aandag op die belangrikheid van peulgroente. Dit is laag in vet en hoog in vesel. Sy deel twee uitdeelstukke uit en aan die hand daarvan verduidelik sy porsie groottes en ‘n gesonde eetplan. Sy verduidelik ook hoe ‘n gebalanseerde bord kos behoort te lyk.

Voorgestelde porsiegroottes.

Oefening is deel van ‘n gesonde leefwyse en alles gaan oor balans. Wees ‘n voorbeeld vir jou kinders en kleinkinders!

 

Demonstrasie: Marié Nortjé gee ‘n demonstrasie van hoe sy skrootwerfprodukte gebruik om ‘n kerslantern te maak.

Kerslantern gemaak van skrootwerfprodukte.

Post a comment

16 − six =