Dordrecht VLV hou Kersmark!

 

Dordrecht VLV hou Kersmark!

Posted by VLV in Dordrecht Tak 03 Dec 2014

Sirkel:  Noord Oos Kaap
Tak:  Dordrecht
Portefeulje:  Opvoeding en Kultuur
Berrigewer:  Marieka Bekker
Datum:  3 Desember 2014

 

 

4. Dordrecht lede se stalletjies en Kerstafels

 

 

Op Vrydag 7 November het die Dordrecht dames al vroeg begin uitpak en regmaak vir die groot gekuier op die Kersmarkdag! Elke lid het ‘n tuisgebakte melktert en 12 kolwyntjies vir die VLV kompetisie ingeskryf. Elke persoon wat die dag bygewoon het kon self ‘n stukkie melktert en ‘n kolwyntjie kies. Die tafels het behoorlik gekreun onder al die gebak en ook die handgemaakte items wat lede uitgestal het. Die lede het ook die items wat hulle deur die jare gemaak het uitgestal. Van die lede het hulle eie stalletjies gehad waar die publiek kon by koop met die Kersseisoen in gedagte! ‘n Heerlike fees-gevoel was tasbaar en die publiek kon lekker by die tafels sit en kuier! Al die tafels was gedek met ‘n Kersfees-tema!

 

 

1. Items gemaak deur die VLV Dordrecht lede

 

 

Die dames op die paneel het ingesluit: Dinkie Kotzé, Mariaan Feuth, Susna Delport en Carina Greyling. Die beoordeelaars moes behoorlik proe, druk en voel aan elke stukkie melktert en kolwyntjie om die wenners te kon kies. Dit was beslis nie ‘n maklike taak nie aangesien alles so mooi en lekker was. Lynette Pelser was aangewys as die kolwyntjie-wenner met haar kougom gegeurde, blou kolwyntjie. In die 2de plek was Marieka Bekker en in die 3de plek Dawn du Plooy. Marieka Bekker was eerste met haar tuisgemaakte skilferkors-melktert, Lynette Pleser in die 2de plek en Bertha Rossouw in die 3de plek.

 

 

2. Melkerte en Kolwyntjies

 

 

Annette van Heerden en van die Dordrecht Hoȅrskool leerlinge het ‘n dans item by die Kersmarkdag kom lewer wat vreeslik oulik was. Die leerlinge het vir die dames gedans en gesing en almal het sommer baie geniet.

 

 

3. Dordrecht VLV lede

 

 

Dordrecht VLV wil graag baie dankie se aan elke lid wat gebak het en bygedrae het tot die dag se groot sukses! Baie dankie aan die beoordeelaars wat met soveel moeite die wenners aangewys het. Dankie vir elke persoon wat hard gewerk het om die saal mooi te maak en ook vir die opruim daarna! Baie dankie ook aan die publiek wat ons so getrou ondersteun en ons byeekomste bywoon.

 

 

Van die VLV lede het ook groot geskenkpakke aan die Reddersburg Kinderhuis vir hulle Kersfeesprojek geskenk. Baie dankie vir al die ruim bydraes!

 

Post a comment

12 + eighteen =