Dordrecht VLV gaan na ‘n hondevertoning

 

Dordrecht VLV gaan na ‘n hondevertoning

Posted by VLV in Dordrecht Tak 08 Oct 2014

Sirkel: Noord Oos Kaap
Tak: Dordrecht
Portefeulje: Landbou en Tuinbou
Beriggewer: Marieka Bekker
Datum: 8 Oktober 2014

 

 

 dordrecght

 

 

Leandra Schoeman en haar man, Dewald, boer net buite Dordrecht en was ons Dordrecht se lede aangenaam verras na ‘n middag se kuier op hulle pragtige plaas. Leandra leer honde al vandat sy 16 jaar oud is en het al eenkeer die Suid Afrikaanse span gehaal om oorsee te toer. Ongelukkig kon Leandra nie die toer mee maak nie, maar hoop sy om in die nabye toekoms weer gekeur te word en dan te kan gaan toer met haar honde. Een van haar 3 honde het al genoeg punte om die span maklik te kan haal.

 

 

Toe Leandra 9 jaar oud was het sy haar eerste skaaphondjie gekry en net daar het die gogga haar gebyt. Leandra sȇ enige hond kan geleer word, tot ‘n Jack Russell wat notories geken word as ‘n baie besige, stoute hondjie. Leandra sȇ dit vat min of meer 3 maande om ‘n hond te leer, maar ‘n skaaphond leer die maklikste. Sy leer ook die honde apart en nooit saam nie. Leandra vertel dat as sy byvoorbeeld met ‘n hond by ‘n sekere paaltjie besig is en ‘n ander hond trek sy aandag af, dan leer die hond om altyd die spesifieke paaltjie mis te spring. Leandra se dis omdat die hond dan nie geleer het om oor die paaltjie te spring nie, want hy onthou die ander hond het sy aandag afgetrek.

 

 

Leandra sȇ dat ‘n klein hondjie, bv. ‘n Jack Russell, oor paaltjies spring wat 35cm hoog is, die medium hoogte hond spring oor paaltjies wat 45cm hoog gestel is en ‘n groot hond soos ‘n skaap hond spring 65cm hoog.  Wanneer die honde aan ‘n hondeskou deelneem en die hond spring 1 paaltjie af, is dit dadelik 5 punte. Die deelnemers mag net maksimum 15 punte, wat dus 3 paaltjies is, afspring en word dan dadelik gediskwalifiseer.

 

 

In Maart 2015 is daar ‘n groot hondeskou kompetisie in Port Elizabeth en Leandra hoop om goed te doen met haar 3 honde. Leadra vertel dat sy en haar honde hard gaan oefen oor die komende maande. Sy vertel ook dat ‘n leerder en sy/haar hond nie die baan voor die tyd ken nie,  hulle kry net 10 minute voor die kompetisie tyd om die baan deur te loop en die baan te memoriseer.

 

 

Leandra en haar skaaphond het vir ons ‘n dansie gedemonstreer en sy vertel dat die skaaphond net 3 weke lank aan die dansie geleer het. Daarna het Leadra die skaaphond deur die baan laat gaan en was ons verbaas hoe vinnig en vlugtig die hond op haar voet was! Leandra het ook vertel dat sy ‘n tefie bo ‘n reun verkies, omdat die tefie meer gehoorsaam is. Elke lid het kans gehad om die hond deur die baan te vat en het Gerda Fourie en Annatjie Coetzee onderskeie eerste en tweede plek gekry!

 

Post a comment

10 + 13 =