Dordrecht se lede geniet uitstappie

 

Dordrecht se lede geniet uitstappie

Posted by VLV in Dordrecht Tak, News 27 Sep 2019

 

Sirkel: NOK

Tak: Dordrecht

Studierigting: Landbou en Tuinbou

Beriggewer: Antoinette van Pletzen

Datum: 26 September  2019

 

Lenie Fourie het ‘n uitstappie gereël na Indwe en Elliot, wat bygewoon is deur verskeie lede en besoekers.

 

Agter van links staan Ria Reabow, Lenie Fourie, Janneke Smit, Lida Roussouw, Antoinette van Pletzen, Bertha Rossouw, Martha Schmidt, Gerda Fourie, en Anton Reabow. Voor sit Anke, Anna van Niekerk, Effie Jonker, Kintie Liebenberg, en Charné Pautz. Heel voor sit Anton & Ria se 2 spruite.

 

Eerstens is aangedoen by Cornish Slagpale te Indwe. Daar het Jaco Bezuidenhout die werkinge verduidelik. Die vee word eers verdoof met ‘n spesiale pistool, dan geskok, en dan eers keelaf-gesny. Alles moet binne 60 sekondes gebeur, anders vloei daar te veel bloed in die spiere in en is die vleis taai. Van maer vee word slegs maalvleis gemaak.

 

 

 

 

Jaco Bezuidenhout verduidelik hoe die pistool werk.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die volgende stop was by die plaas Kilmun, Elliot se Reabow Beefmasters. Anton Reabow het vertel en gewys hoe die ideale bees moet lyk, asook wenke vir bv onthoring. Sy vrou Ria het sap voorgesit in ‘n gesellig-ingerigte skuur.

 

Anton Reabow

 

Middagete is by Mountain Shadows Hotel bo-op Barklypas (die eiendom van Ria Reabow) geniet.

 

 

Die pragtige Mountain Shadows Hotel, naby Barkly-Oos.

 

 

Leave a Reply