Dordrecht sê dankie!

 

Dordrecht sê dankie!

Posted by VLV in Dordrecht Tak, News 13 Mar 2014

Sirkel: Noord Oos Kaap

Tak: Dordrecht

Berrigewer: Marieka Bekker

Datum: 12 Maart 2014

Lenie Fourie het aangekondig dat Dordrecht tak die jaar 3de plek by die 82ste NOK Konferensie te Molteno verower het. Lady Grey was eerste met Jamestown wat 2de plek gekry het.

 

Lede het goed gevaar in die volgende afdelings:

Herwinning: Lenie Fourie 3de plek

Borduurwerk: Anna van Niekerk 2de plek en Dawn Du Plooy 3de plek

Fotografie: Marieka Bekker 1ste plek

Beeldhou: Anna van Niekerk 1ste plek

Scrapbook: Lenie Fourie 2de plek

Handvlyt: Lenie Fourie 2de plek

Landbou: Marieka Bekker 2de plek

Bring en Brag en kompetisie-artikels van die tak.

 

Die inskrywings bewys ons lede se besonderse talente! Anna van Niekerk se klei engeltjie het gesorg vir baie kommer, maar dit was die moeite werd. Marieka Bekker is verkies om op die NOK Sirkelbestuur te dien as sameroeper van Openbare Sake.

Lede het leȅ glas koffiehouers versier en met koekies gevul wat deur Bertha Rossouw gebak is. Die gevulde koffi houers is aan besighede in Dordrecht uitgedeel deur Elize Rossouw. Dordrecht tak wou graag al die besighede wat ons getrou ondersteun bedank en ons waardering aan hulle gee.

Glas koffiebottels wat met tuisgemaakte koekies gevul is.

Dames hard aan die werk om die bottels te versier.

Post a comment

two × five =