Dordrecht ondersteun Rustenburg

 

Dordrecht ondersteun Rustenburg

Posted by VLV in Dordrecht Tak, News 11 Jun 2014

Sirkel: Noord-Oos Kaap
Tak: Dordrecht
Beriggewer: Marieka Bekker
Datum: 11 Junie 2014

Die dames van Dordrecht VLV-tak het besluit om die mynwerkers wat geaffekteer word deur die mynstaking in Rustenburg, maar wat nie deel is van die groep wat wel staak nie, te ondersteun as hulle projek vir 2014.

Lede het sakke en 10 bokse vol niebederfbare produkte en klerasie saam gebring na die vergadering wat op 11 Junie gehou is. ‘n Kontantbedrag is ook ingevorder wat aan die Staan Saam Rustenburg Trustfonds oorbetaal is. Die VLV-dames beplan om regdeur die jaar die mense te ondersteun en lede van die publiek is welkom om artikels saam te stuur. Kontak asseblief vir Anna van Niekerk by boomplaas@nokwi.co.za.

Anna van Niekerk het vir Lenie Fourie ‘n kenteken gegee om haar 10jr lidmaatskap by die VLV te erken. Baie geluk Lenie! Lenie is ook Dordrecht tak se voorsitter en is ons almal se trots.

Dawn du Plooy het die dames kom wys hoe om die mooiste serpe te maak met twee bolle wol of  T-hemp materiaal. Die serp word met jou hande en arms gebrei en is nogals ingewikkeld, maar as jy eers verstaan presies hoe om elke steek te vorm,dan gaan dit sommer maklik en gou. Ons dames gaan almal hul eie unieke tweekleurige serpe hierdie winter voor die warm kaggelvuurtjie hand-brei.

Die donasies wat die tak gekry het vir die Rustenburg-projek - Baie dankie almal.

Die donasies wat die tak gekry het vir die Rustenburg-projek – Baie dankie almal.

Lede by die Junie-vergadering.

Lede by die Junie-vergadering.

Anna van Niekerk gee vir Lenie Fourie haar 10jr-kenteken. Baie geluk Lenie!

Anna van Niekerk gee vir Lenie Fourie haar 10jr-kenteken. Baie geluk Lenie!

Post a comment

five × five =