Dordrecht is kreatief

 

Dordrecht is kreatief

Posted by VLV in Dordrecht Tak 12 May 2015

Sirkel:  Noord Oos Kaap
Tak:  Dordrecht
Portefeulje:  Kunste en Handvlyt
Beriggewer:  Marieka Bekker
Datum:  12 Mei 2015

 

1. Dordrecht Lede maak blomme van eierhouers

Dordrecht lede maak blomme van eierhouers.

 

Woensdag 10 Junie het VLV Dordrecht hulle Kunste en Handvlyt vergadering gehad met Lida Rossouw as die sameroeper. Lenie Fourie het die dames gewys hoe om blomme uit eierbokse te maak. Die lede het baie lekker saam gekuier en was ook kreatief met hulle eierdosies. Dinkie Kotzé en Martha Schmidt het die beste gevaar met hul blom ontwerpe.

 

3. Blomme van eierdosies

Blomme gemaak van eierhouers.

 

Die VLV dames het ook die Troeteldierdag bespreek wat die tak beplan om op 24 September te Dordrecht te hou. Die dames het besluit om onder ‘n andere pannekoek, boereworsrolle, springmielies, kolwyntjies en nog baie meer te verkoop. Lede van die publiek kan ook stalletjies bespreek vir die dag. Kontak asb. vir Leandra Schoeman op 079 767 4401 vir meer inligting. Die tak gaan inskrywings van troeteldiere neem vir afdelings bv. die mooiste aangetrek en lyk die meeste na hul eienaar en nog baie meer. Daar is ook groot pryse op die spel en elke deelnemer sal ‘n geskenk pakkie ontvang.

 

2. Leandra Schoeman en Bertha Rossouw - Mei se verjaarsdag dames

Leandra Schoeman en Bertha Rossouw

 

Mei se verjaarsdag dames was Effie Jonker, Bertha Rossouw en Leandra Schoeman! Baie geluk julle!

 

Post a comment

six − 1 =