Dieresorg ‘n hartsaak

 

Dieresorg ‘n hartsaak

Posted by VLV in News, Vredendal Tak 19 Jun 2014

Sirkel: Namakwaland
Tak: Vredendal
Portefeulje: Landbou & Tuinbou
Beriggewer: A. Beelders
Datum: 19 Junie 2014

By ‘n VLV-vergadering op Vredendal, het Dossie du Plessis, en dr. Davies Ndlovu, veearts van die Matzikama Dierebeskerming op Vredendal die dames ingelig oor die werksaamhede van dié organisasie.

Matzikama Dierebeskerming se taak is om in te gryp by gevalle van erge verwaarlosing of mishandeling en hulp te verleen waar nodig aan die arm gemeenskappe van Matzikama Munisipale gebied. Rondloperhonde wat aansteeklike siektes versprei en  skade aanrig is van die probleme wat meeste voorkom. Munisipale regulasies wat vereis dat net twee honde per erf aangehou mag word, en dat die erf omhein moet wees, word dikwels nie nagekom nie. Nog ‘n probleem is siektes, soos brandsiekte, (demodekties skurfte) wat vinnig onder die diere versprei. Dit is egter nie aansteeklik vir skape nie.  Hulle dek ‘n wye area van Trawal tot by Kliprand en Stofkraal. Hulle het drie inspekteurs wat inspeksie van huis tot huis doen of ingeroep word na probleemsituasies, dikwels ‘n klagte oor rondloperhonde wat onder skape gemaai het.

By die kliniek word diere behandel vir inwendige en uitwendige parasiete, word immunisasie vir diere gedoen, diere gesteriliseer of uitgesit, soos die situasie vereis.  Die organisasie dra ook die boodskap van diereversorging uit na kinders deur besoeke aan skole, en mense word waar nodig geleer en gehelp met die versorging van hul diere.

‘n Inspekteur is altyd aan diens, en die na-ure nommer wat geskakel kan word is 076 045 6070.

MDB is op 2 Junie 2001 tot stand gebring deur lede van die publiek vir wie hierdie ‘n hartsaak was en wat die welsyn van diere as baie belangrik beskou het.

LNR Dalene Hein, Dossie Du Plessis, dr Davies Ndllovu, Sanet Ras.

LNR Dalene Hein, Dossie Du Plessis, dr Davies Ndllovu, Sanet Ras.

Post a comment

3 × two =