Dierekind se beste vriend(in)

 

Dierekind se beste vriend(in)

Posted by VLV in Citrusdal Tak, News 12 Jun 2014

Sirkel: Weskus
Tak: Citrusdal
Portefeulje: Landbou en Tuinbou
Beriggewer: Jolien Mouton
Datum: 11 Junie 2014

Liebenette Burger leef haar geloof uit deur te dans.  Sy kom lewer vir ons 'n item en getuig hoe sy haar liefde vir God en haar liefde vir dans kombineer.

Liebenette Burger leef haar geloof uit deur te dans. Sy kom lewer vir ons ‘n item en getuig hoe sy haar liefde vir God en haar liefde vir dans kombineer.

image.axd-22

Elna Oosthuizen is ons gasspreker.  Elna is die stigter van die organisasie CARE (Citrusdal Animal Rescue).  CARE is ‘n nie-winsgewende organisasie wat staatmaak op donasies en fondswerwings soos straatverkope, om die gemeenskap van Citrusdal te help.

Daar word gereeld dienste soos sterilisasies en dipdae aangebied.  Hierdie dienste is duur en daar word slegs ‘n donasie gevra van persone wat hul diere bring.  CARE is ook baie afhanklik van vrywilligers wat help op hierdie sterilisasie- en dipdae.  Daar word sterk op sterilisasies gefokus, omdat dit sal verhoed dat daar meer honde en katte op straat sal wees en sodoende ook minder verwaarlosing.

Elna het haar twee honde, Moppie en Lalie saamgebring.  Altwee hierdie honde het sy van die straat gered.

Ons sluit die middag af met ‘n heerlike koppie tee.

Moppie sit lekker op Elna se skoot.

Moppie sit lekker op Elna se skoot.

Post a comment

5 + nineteen =