Diepkloof Lede Leer Meer Oor Orgidee

 

Diepkloof Lede Leer Meer Oor Orgidee

Posted by VLV in Diepkloof Tak 29 Apr 2015

Sirkel :  SWD

Tak : Diepkloof

Portefeulje : Tuinbou en landbou

Beriggewer :  Anita Fourie

Datum : 29 April

 

Gladys Fick, n plaaslike apteker en orgidee kweker, het Diepkloof tak tydens die tuinbou en landbou vergadering besoek en lede toegespreek oor die plant en versorging van  orgidee. Gladys is tans besig met haar beoordelaars eksamen in die beoordeling van orgidee op internasionale vlak.   Orgidee word gedeel in twee kategorieë nl. Cymbidium en Cattleya.   Wanneer n Cattleya orgidee aangekoop word is dit gewoonlik in mos geplant, so n  plant sal slegs sowat 2 jaar in die mos oorleef, waarna die wortels verrot, die plant begin kwyn en later doodgaan.

 

20150429_161057 (Custom)

 

Om die plant te behou, moet dit, sodra die plant klaar geblom, het uitgeplant word. Die houer waarin die plant oorgeplant word moet baie goed kan dreineer. Gebruik n plastiek potplanthouer en maak ekstra gaatjies met n warm soldeerboud aan die onderkant en langs die kant van die pot.  Die binnekantste deel  van boombas word gebruik. Die boombas moet vir 10 dae in water geweek word en water moet daagliks met nuwe water vervang word. Meng  bas met orgidee kunsmis en polistarine.

 

Om plant te plant: Knip alle dooie wortels van plant af.  Strooi kaneel oor enige plekke waar wortels afgesny is. Behou net die vaal groen wortels wat bo die grond begin groei het en week dit in lou  water vir so n paar uur. Vul pot kwart met basmengsel (klaar mengsel beskikbaar in Blanco by orgidee kwekery) ,  strooi 1 eetlepel geel landbou kalk  en 1 eetlepel beenmeel oor basmengsel. Neem plant en buig wortels versigtig af en plaas in die potplant houer vul die wortels rondom met bas mengsel. Bas word met  n lagie geel klippies bedek vir gewig. Moenie ysterklip gebruik nie dis nie goed vir die plant nie.  Plant kan elke tweede dag natgemaak word afhangend van voggehalte. Plant moet ekstra voeding kry sodra plant nuwe lood uitstoot waaraan blomme gedra word. Dit was baie interessant en leersaam en lede was baie ywerig om hul orgidees te gaan oorplant.

Post a comment

two × two =