Diepkloof Besoek Kunsgallerye

 

Diepkloof Besoek Kunsgallerye

Posted by VLV in News 29 Jul 2015

Sirkel:  SWD

Tak:  Diepkloof

Portefeulje:  Kuns

Beriggewer:  Anita Fourie

Datum:  29 Julie 2015

 

 

20150729_141651 (Custom)

Groot Peperboom

 

Groot Brakrivier beskik oor niks minder as  5 kunsgalerye nie.  Diepklooftak het op Woensdag 29 Julie 2015 die kuns roete besoek.  Lede het mekaar ontmoet buite Chris Spies  se galery by die grootste peperboom in Afrika. Die boom het ʼn omtrek van 12 meter en is reeds 500 jaar oud.

 

20150729_151700 (Custom)

Spies Venter by een van sy kunswerke

 

Bekende kunstenaar, Chris Spies is huidig oorsee en kon sy  kaal tietie beelde  net van buite besigtig word.  Chris se vorige groot werk was skilderye oor die boom van die lewe.  Op pad na die bekende Spies Venter se galery is daar by n besigheid aangedoen wat raamwerk doen en ook kunswerke uitstal.  Spies Venter is reeds 80 jaar oud en gee steeds kunsklasse. Spies het in verskeie oorsee se lande kuns studeer. Terug in Suid Afrika was hy kuns dosent aan die Stellenbosch universiteit. Spies skilder abstrak en meen kuns moet uit die siel kom. Dit was vir die lede bietjie moeilik om te begryp wat in ʼn ander persoon se siel aangaan.

 

20150729_154009 (Custom)

Marnitz Steyn Galery

 

Marnitz Steyn galery was volgende aan die beurt. Mauritz  is gehoor gestremd en het reeds naam gemaak in die kunswêreld, sy werke is  uitstaande.  Lede het ook Le Art galery besoek waar verskeie kunstenaars se weke uitgestal word.

 

 

Gedurende September word die kuns muse in Groot Brakrivier aangebied. Kunstenaars word aangemoedig om kunswerke te kom uitstal.  Lede het na al die besoek aan die galerye heerlik tee en pannekoek geniet by ʼn nuwe koffiewinkel Paradise.

 

Post a comment

eleven + fifteen =