Dieper insig in Moslems se kultuur

 

Dieper insig in Moslems se kultuur

Posted by VLV in De Aar Tak, News 13 May 2014

Sirkel: Noord Kaap

Tak: De Aar

Portefeulje: Openbare Sake

Beriggewer: Patty van den Heever

Datum: 13 Mei 2014

 

Met De Aar tak se onlangse maandvergadering het die dames ‘n verrassende besoek vanuit die Moslemwêreld ontvang. Veiligheidshalwe kan haar naam en beroep nie genoem word nie. Me Susan Roberts (skuilnaam) het hoofsaaklik oor die interessante kultuur van dié Godsiensgroep vertel. ‘n Moslem is ‘n volgeling van die godsdiens van Islam.

Daar is baie min sosiale kontak tussen mans en jong vroue. Oogkontak is totaal verbode, anders “charf” jy ‘n man. Romantiese verhoudings is totaal verbode, daarom word als in die geheim gedoen. Huwelike word meestal gereël, dus is daar baie ondertrouery tussen niggies en neefs.

Huise het twee ingange en twee sitkamers, een vir die mans, en die ander vir vroue. Daar is ook aparte haarsalonne en gimnasiums. Moslemmans dra lang wit rokke wat ‘n thawb genoem word. Daarby dra hulle ‘n gebedshoedjie (keffiyeh).

Die Moslemvrou dra ‘n jasserige rok (abuya), meestal swart. Sommige dra ‘n doek (niqab) waar net die oë uitsteek, wat gaan oor geloofsoortuiging.  Ander dra ‘n burqa waar die gesig nie gesien word nie.

Hulle is baie gasvry en onthaal graag. Die kultuur gaan oor die uiterlike. Mens moét uitgenooi word, maar jy moet wag vir die derde uitnodiging.

As die man ‘n vrou wil groet en sy hand uitsteek, sit sy haar hand teen haar eie skouer (bors). Dis onaanvaarbaar om by die voordeur in te kyk. Skoene word ook uitgetrek voor jy by hul huis ingaan. Daar word op ‘n matras (bedouin) gesit, maar sorg moet geneem word dat hul nie jou rug of voetsole sien nie. Arabiese koffie word dan aan die gaste bedien in n klein koppie. Almal drink uit diedelfde koppie. Die tee is baie soet. Dan word dadels, sade en koekies (mamu) en laaste, Turkse koffie bedien.

So ‘n iets oor die Islam geloof: Daar is 5 pilare vir Islam:

1) Shahadah – Belydenis van Geloof. Hulle moet belei dat daar net een God is.

2) Salat – Gereelde gebede. 5 keer per dag word daar afgebuk na die Ooste. 

3) Siyam – Vas tydens Ramadan. Moslems vas vir een maan maand, elke jaar, ‘n tydperk wat Ramadan genoem word.

4) Zakat – Bydrae tot liefdadigheid. 2.5% van jou inkomste gaan vir aalmoes. 

5) Hadj – Pelgrimstog na Mekka. Een keer  per leeftyd moet jy na Mekka toe gaan. Dan hoop jy om hemel toe te gaan.

Post a comment

5 + 1 =