Die werk van ‘n mediese tegnoloog

 

Die werk van ‘n mediese tegnoloog

Posted by VLV in News, Vredendal Tak 11 Nov 2018

Sirkel: Namakwaland

Tak: Vredendal

Portefeulje: Gesondheid

Beriggewer: A Beelders

Datum: 20 September 2018

 

Leer oor werk van mediese tegnoloog

By die onlangse VLV vergadering het Magriet Kotze, ‘n mediese tegnoloog van Pathcare verduidelik hoekom hulle so ‘n noodsaaklike deel van die diagnostiese span is. Wanneer ‘n dokter die pasiënt na die laboratorium verwys vir toetse is daar verskeie toetse wat gedoen kan word vir ‘n korrekte diagnose. Die toets wat die meeste gedoen word, is met ‘n stollingsaktiveerder. Pasiënte op Wafarin is bekend daarmee.

 

By bloedskenkings word die bloed geskei en die plasma gevries en lank gebêre. Dit het al menige pasiënt met brandwonde of stollingsdefekte se lewe gered. Genetiese toetse gaan al meer ingespan word om ‘n siektegeen soos vir borskanker, Parkinson, Krohn se siekte ensovoorts of selfs vaderskap te bepaal. Mikrobiologiese toetse word ook gedoen op urine, sputums, stoelgang of eterdeppers om te verseker dat die pasiënt die regte antibiotika kry en die organisme nie weerstandig word nie.

 

‘n Gesondheidswenk:

‘n Glas water as jy wakker word in die oggend rehidreer die liggaam, verhoog jou vlak van waaksaamheid en sit die metabolisme aan die gang:

30 minute voor ete help dit met vertering en dat jy nie te veel eet nie:

Voor jy bad of stort verlaag dit die bloeddruk en voor jy gaan slaap verminder dit die risiko vir ‘n beroerte of hartaanval en help dat die liggaam meer kalorieë verbrand.

 

Pat de Waal en Magriet Kotze.

Leave a Reply