Die toekoms van gesondheid

 

Die toekoms van gesondheid

Posted by VLV in News, Wellington Tak 13 Sep 2019

Sirkel: Paarl

Tak: Wellington

Portefuelje: Gesondheid en Leefstyl

Beriggewer: Karen Barnard

Datum: 12 September 2019

 

Die dames van Wellington is verras met ‘n “Skoonmaak” byeenkoms.

 

Voorlesing van pragtige prosa en wenke hoe om jou huis bietjie te organiseer en “skoon te maak” vir die somer wat kom.

 

Ronelle Hoffeldt het vir ons kom vertel van die Eductor masjien.  Dit is gebasseer op kwantum fisika  Die masjien word aan jou gekoppel en meet die frekwensies in jou liggaamselle.  Ons is omring deur energie en dinge wat gebeur laat ons liggaam se frekwensies in ons selle uitgaan, wat dan sekere simptome veroorsaak en wat ons siek maak.

 

Met die hulp van die masjien sal daar vassgestel kan word waar daar stres is en waar daar ‘n probleem in die liggaam is.  Siektes soos Kanker, asook gewigsverlies, hormoonwanbalanse en slaaploosheid se oorsake kan geїdentifiseer word.  Bloedgroep word ook bevestig .

 

Kliënte wat kom vir ‘n konsultasie se hele liggaam word ge-evalueer.  Probleem areas word uitgewys.  Dit help dan ook om inligting te verskaf wat die liggaam kan help genees of gesondheid verbeter.  Die voorgestelde behandeling word gegee.

 

Die masjien help om energie deur die liggaam te stuur na die regte plekke en sodoende die liggaam help om self te genees.  Die korrekte eetpatroon, lewensstyl en medikasie word dan ook voorgeskryf .  Die hele proses is pynloos en die evaluasie is 100% akkuraat.

 

Ronelle werk saam met Dr Amanda.  Dit word beskryf as die toekoms van gesondheid.  Baie navorsing word gedoen by die Universiteit van Hawaii.

 

Die dames is weereens gemotiveer om hulself en hul omgewing “skoon” te maak en die vere reg te skud vir die somer.

 

Die dames is slaggereed vir die groot lente skoonmaak.

 

 

Leave a Reply