Die tap van aalwyne

 

Die tap van aalwyne

Posted by VLV in News, Willowmore Tak 18 Jan 2017

Sirkel:  Middelland

Tak: Willowmore

Portefeulje: Landbou

Beriggewer: Adriana Theunissen

Datum: 17 Januarie 2017

 

Henriette du Plessis, Produksie bestuurder by African Aloe in Uniondale is die gasspreker en  het haar kennis kom deel met ons i.v.m. die tap van aalwyn in die Karoo.  Aloe Ferox is baie gewild in die buiteland en meeste van African Aloe se  produkte word uitgevoer.  Aloe Ferox groei natuurlik in die veld en word met die hand geoes.

 

Belangrik is die versorging van die aalwyn reeds op die boer se plaas; geen gif, geen kunsmis en geen boerdery aktiwiteite moet die aalwyn besmet nie.  Aalwyne word  ± elke 18 maande gepluk/geoes.  Die plant moet genoeg tyd kry om te herstel na die vorige oes periode.  Oeste word streng gereguleer deur Departement van Omgewingsake en Cape Nature.  Elke jaar word daar opnuut aansoek gedoen vir permitte en ‘n lisensie om beskermde flora te verkoop. Aalwynprodukte mag nie uitgevoer word sonder ‘n CITES permit nie.

 

2.4 kg sap lewer 1kg kristal, een blaar lewer ongeveer 20ml sap, 50 blare lewer 1kg sap.

 

Aalwyn kristalle is ‘n sterk purgeermiddel en die aktiewe bestanddeel is aloïen.

 

 

 

 

Adriana Theunissen ,Henriëtte du Plessis

 

Adriana Theunissen stal ook haar aalwynkonfyt en spekboom slaaisous uit.

 

Hennie Lötter, finalis  van die pas afgelope Boer soek ‘n Vrou het met ons sy ondervinding kom deel.  Met sy borrelende en eerlike geaardheid gee hy vir ons ‘n kykie agter die skerms.

 

Adriana Theunissen, Hennie Lötter, Henriëtte du Plessis

 

Post a comment

one × 5 =