Die sout van die aarde

 

Die sout van die aarde

Posted by VLV in Britstown Tak, News 03 Aug 2017

 

Sirkel: Noord-Karoo

Tak:  Britstown

Portefeulje:  Landbou en Tuinbou

Beriggewer:  Marinda Van Der Merwe

Datum:  2 Augustus 2017

 

Marje Smit, ‘n jong Karoo dame vanuit die Canarvon Distrik, is die eienaar van Oom Plaas produkte.  Sy vertel hoe haar besigheid met die sout en soutprodukte ontstaan het:

 

As ‘n geskenkie saam met die vleis wat by ‘n Plaasstal verkoop word, het dit onverwags ‘n internasionale besigheid geword, wat Marje nou voltyds bedryf. Haar hoofbestanddeel is sout,  wat met die hand vanuit die Karoo se soutpanne geoes word. Dit word dan vermeng met natuurlike geurmiddels. Tans is daar 8 soutmengels  beskikbaar en binnekort gaan daar 12 wees.

 

Sy het haar besigheid uitgebrei met egte plaassmake soos, biltong en droë wors , gebottelde water, ingelegde vrugte en konfyte, olywe, balsamiese asyn, olyfolie en dies meer. Al haar produkte word met die hand geoes en verwerk en slegs suiwer bestandele word bygevoeg

 

Sy kon 2 permanente werksgeleenthede ook skep, en dan betrek sy ook kundige dames vanuit die Karoo om vir haar ingelegde vrugte te maak.

 

Marje Smit vertel ook van die roete wat ontwikkel word in die Karoo. OPEN AFRICA het dit geïnisieer. Sutherland, Victoria Wes, Beaufort Wes en Britstown word gesien as die “gateways” na die route. Pieter Naude van Williston is die skakelpersoon indien iemand hom wil kontak oor die roete. Daar is ‘n aanvraag na gastehuise, restaurante en veral aktiwiteite wat net die Karoo kan bied: soos dryf in ‘n dam, stap, fietsry, ens. ‘n Goue geleentheid vir die Karoo.

 

Marje Smit saam haar moeder en van die produkte wat sy verkoop het tydens die vergadering.

 

Post a comment

six − three =