Die ontstaan van plastiek

 

Die ontstaan van plastiek

Posted by VLV in Klein Brakrivier Tak, News 26 Sep 2019

 

Sirkel: SWD

Tak: Klein-Brakrivier

Studierigting: Landbou en Tuinbou

Beriggewer: Lydie Terblanche

Datum van Vergadering: 25 September 2019

 

Die laaste 2019 jaarvergadering was onder leiding van Landbou Sameroeper Lynette Nel. Engela Buys, Helene Swanepoel, Elize Kieser en Ria van Straaten het trots met al die takpryse vir die jaar weggestap. Die 2020 bestuurspan is aangekondig: Lydie Terblanche – Voorsitter & Media koördineerder; Lynette Nel – Visevoorsitter en Openbare Sake Sameroeper; Charlotte Smit – Sekretaris en Kuns en Handvlyt Sameroeper; Cecilia Pieterse – Tesourier; Ria van Straaten – Kompetisie Koördineerder en fotograaf; Suzánne le Roux – Leefstyl Sameroeper; Dee Disney – Landbou- en Tuinbou asook Gesondheid Sameroeper; Hannie Visser – Opvoeding Sameroeper. Hester Krige, geliefde voorsitter vir baie jare, het die uittredende besuurspan bedank vir hulle toewyding en harde werk.

 

Lynette het van haar pragtige tuisgemaakte inkopiesakke, gemaak uit plastiek inkopiesakke, oorhandig aan gelukkiges en ook die patroon daarvoor uitgedeel. Basies is dit plastieksakke wat gestryk word in blokke en dan aan mekaar gewerk word. Die eindresultaat is ʼn baie stewige, herwinde inkopiesak.

 

Gerhard de Jager het ʼn besondere interessante skyfievertoning gelewer oor die geskiedenis van plastiek – van die ontstaan tot by die vlakke van oseaanbesoedeling vandag.

 

Gerhard de Jager aan die woord.

 

Die afsluitingsfunksie is bevestig vir Dinsdag, 29 Oktober om 11.00 by Ponto Grille & Carvery by die Punt in Mosselbaai. Vir meer inligting hieroor, kontak gerus vir Hester Krige by 083 417 4002.

 

Leave a Reply