Die kuns van skilferkors

 

Die kuns van skilferkors

Posted by VLV in Hermanus Tak 08 Jul 2015

Sirkel:  Overberg

Tak:  Hermanus

Portefeulje:  Leefstyl

Beriggewer:  Diana Lambrechts

Datum:   8 Julie 2015

 

 

Groepie vroue van VLV Hermanus het hulle kennis rondom skilferkorsdeeg gaan opskerp. Louis van As het homself, en sy huis beskikbaar gestel vir die geleentheid.

 

 

Met die aankoms het elke dame ‘n kaartjie ontvang, met die resep vir sodawater skilferkorsdeeg, netjies daarin uitgetik.  Volledige demonstrasie, met deurlopende kommentaar, is gegee vanaf stap een tot by die bak.

 

 

1 (Custom)

Gebruik yskaswater

 

 

Die uitrol van die deeg is baie belangrik, gee kort hale met die roller en lig jou deeg voortdurend. Die lig van die deeg help om lug in te sit en ook vir die krimping wanneer jy uitdruk.

 

 

2 (Custom)

Uitrol van deeg

 

 

Wenke en demonstrasie oor wat met die afvaldeeg gedoen kan word het gevolg.  Doppies met die heerlikste vulsels is gebak. Deegstrooitjies besprinkel met growwesout en speserye was ‘n treffer.  Die afvaldeeg kan ook in ‘n balletjie bewaar word en met die volgende bakdag gebruik word. Hierdie deeg word dan in die bodem van jou tertbak, onder die vulsel gebruik.

 

 

3 (Custom)

Deegstrooitjies

 

 

Besparingswenke soos om byvoorbeeld ‘n goeie margarien in die plek van duur botter en yskoue kraanwater in plaas van sodawater te gebruik word gegee.

 

 

Konfyttertjies moet jy bak sonder die konfyt en dan nadat dit effe afgekoel het, maak jy met ‘n skerp messie, ‘n snytjie en sit die konfyt in. Om die rand van jou melktert mooi geblaar te kry plaas ‘n ekstra reep deeg op die rand van jou bak voordat jy die groot deeg insit. As die ekstra deegreep onder die deeg is wys dit geen los rande nie.

 

 

Na afloop van die demonstrasie is daar heerlik gesmul aan die vooraf gebakte eetgoed.

 

 

4 (Custom)

 

Groepfoto saam met Louis van As

 

 

Dit was ‘n heerlike, leersame oggend. Dankie Louis.

 

 

Post a comment

twelve + three =