Die klaskamer se rol in onderrig en leer

 

Die klaskamer se rol in onderrig en leer

Posted by VLV in Velddrif Tak 18 Mar 2015

Sirkel: Weskus

Tak: Velddrif

Portefeulje: Opvoeding en kultuur

Verslaggewer: Suzaan Jacobs

Datum: 18 Maart 2015

 

 

velddrif2 (Custom) (2)

 

Die spreker Mnr André du Toit  ,‘n onderwyser en later vakadviseer en steeds 50 jaar in die onderwys, fokus op die belangrikheid van effektiewe klaskamerpraktyke as ‘n absolute voorvereiste vir onderrig- en leersukses.

 

 

Die 1ste stelling is dat dit die hartaar van die totale onderwysstelsel is;

Die 2de stelling is dat elke leerder ‘n individu met ‘n eie denk- en gedragsamestelling is, wat die effektiewe klaskamerbestuur, deur die onderwyser, ‘n komplekse saak maak.

Die 3de stelling is dat nog die onderwyser nog die leerder net by die klaskamer mag “opdaag.”

 

 

Armoede/ ongelykhede is nie die verskoning vir slegte kinders nie. Ons as ouers moet kinders leer om lief te wees en reg te kies, anders leer die wêreld hulle dit sonder liefde.

 

 

‘n Kind gaan skool toe om te  ‘leer dink’.   Soos die 17de eeuse filosoof Descartes gese het:  Ek dink, daarom bestaan ek.

 

velddrif3 (Custom) (2)

Konferensie pryswenners: Suzaan Jacobs, Irma Siebrits, Angelina Mostert, Helen Jacobs, Cornelia Marais en Sinnie Koegelenberg (Voorsitter)

 

Die tak het ook tydens die konferensie ‘n Verdienstelikheidssertifikaat ontvang. Asook die skild vir die meeste punte in kuns en handvlyt.

 

Konferensie pryswenners:

Masjienwerk   :   Eerste prys    :  Cornelia Marais    :  85% en beker;

Fotografie       :   Eerste prys    :  Suzanne Wessels  :  70% en beker;

Handvlyt         :   Eerste prys    :  Irma Siebrits           :  82% en beker;

Handwerk       :   Derde prys   :  Helene Jacobs     :  82%;

Mikrogolf         :   Derde prys   :  Angelina Mostert :  82%.

 

veldrif (Custom) (2)

 

Nog nuwe lede sluit aan. Lede het baie goed deelgeneem aan die kompetisies en ‘n muntlegging is gehou.

 

 

velddrif1 (Custom) (2)

Tannie Mia Ludolf (75) het die gaste vermaak met ‘n voordrag by die kinderkrans konsert in haar kinderdae.

 

Lede word uitgenooi na die April vergadering.

 

 

Post a comment

2 × two =