Die gezoem van die bye

 

Die gezoem van die bye

Posted by VLV in News, Porterville Tak 02 Mar 2018

Sirkel:  Weskus

Tak:  VLV Porterville

Portefeulje:  Landbou en Tuinbou

Beriggewer:  Louwna Hoving

Datum:  1 Maart 2018

 

 

VLV Porterville het die ge-zoem van die bye beleef by ‘n baie leersame vergadering.  Die tak het die 36 graad 3-leerders en 28 Landbouwetenskapleerders van die Hoërskool Porterville uit-genooi as gaste.  Die spreker was Helena van der Westhuizen van Simply Bee.

 

Sy klee ‘n graad 3-leerder met ‘n byeboeruitrusting wat ‘n kopskerm, handskoene en oorpak be-hels.

 

 

 

 

Byeboertoerusting moet nie styf pas – die by kan deur die materiaal steek.

 

Allergie vir bysteek is fataal – tref voorsorg.

 

Vrees vir bye onnodig – moenie klap of bang wees, gee pad net.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Heuningmaakproses deur bye:

Die by sit op die blom en suig nektar en stuifmeel om heuning te maak.  Hy kou die nektar en stoor dit in sy heuningmagie, vlieg dan na die byekorf en gee dit vir die ander bye om te kou en dan bring hulle dit op en sit dit in die selle.  Die werkerbye klap hul vlerkies vinnig om die waterkonsentraat uit te kry en dan vorm dit stroop as die water verwyder is.  Die onderste deel van die korf word as broeikas en stoorplek vir kos gebruik en die boonste deel (super) word gebruik om die heuning af te haal van die rame.

 

‘n Byekolonie bestaan uit ‘n koninginby, ongeveer 40 000 wyfiewerkersbye en sowat 100 mannetjiebye (drones)(hommelbye).  Hulle taak is om te paar met die koninginby en elkeen kry net een kans om te paar en vrek dan.  Hy kan hom nie self voer nie en word uitgeskop uit die kolonie as hy te lank rondhang sonder om te paar.  Die koninginby is die heel belangrikste by omdat sy die enigste is wat eiers lê (ongeveer 2 500 eiers op een dag) en die werkersbye is daar om haar te bedien.  Bye se leeftyd is 4 tot 6 weke, terwyl die koningin 2 tot 3 jaar kan leef.  Indien die koninginby die korf verlaat word sy beskerm deur ‘n klomp jongbye.  Die bye moet ook nie tussen streke verskuif word nie.

 

Broeiproses:  Stadiums:  eiertjie, larwe, papie en dan ‘n bytjie.  Die wyfiewerkerby vreet selletjies skoon en die koninginby doen dan inspeksie voor sy die eiers lê.  Die werkerby beweeg na die kant van die korf, want die kos is daar.  Die eiertjies word gelê (duur 9 dae), dan word was gemaak om larwe te laat groei.  Die by het ‘n klier onder die maag.  Dit maak skubbetjies wat was word (duur 18 dae).  Wanneer die koninginby te oud word maak sy haar eie plaasvervanger,  die eiertjie is groter en langer as die gewone selle.

 

Afhaalproses van heuning:  Slegs die boonste deel van die korf word ge-oes.  Die raampies word uitgehaal en met ‘n fyn skrapertjie gevee sodat die heuning uitloop.  Daar word ook byewas, olies en properlis ge-oes.  September en Oktober is die heuningmaaktyd in Suid-Afrika.  Heuning is tans baie skaars as gevolg van die droogte.

 

 

 

Bedreiging vir bye:  Brande en droogtes en tuingif wat bye benadeel.  Ratels eet nie die heuning nie, maar breek in broeikas in en eet dit as proteïene.

 

Funksie van bye:  Hulle bestuiwing is nodig in vrugte- en groentevoorsiening.  Einstein het gesê:  “As bye weg is, het die mens vier jaar oor om te lewe.”  Elke happie kos het ‘n by mee te doene gehad.

 

 

 

Produkte van heuning:  Simply Bee  vervaardig handeroom, lyfskuurroom, voetroom, seep en gesigprodukte, asook properlis-balm wat vir sere wat sukkel om te genees, gebruik kan word.  Heuning is ook baie goed vir brandwonde

 

Wenk:  Die mens kan help in droogte deur vir hulle bietjie suiker en water in die tuine te plaas in ‘n plat bakkie met ‘n houtblokkie in sodat hulle nie kan verdrink nie.

 

 

Agt van die 11 nuweling wat sedert Februarie by ons tak aangesluit het: Marietha Swanepoel, Althea Wollenschlaeger, Louisa Franken, Vera Bolz, Mariette van Deventer, Inge Kriel, Mariana Stemmet, Elna Cruywagen

 

Post a comment

ten + seventeen =