Die deugde van kalkverf

 

Die deugde van kalkverf

Posted by VLV in News, Vryburg Tak 21 Jun 2017

 

Sirkel: Kalahari

Tak: Vryburg

Studierigting: Kunste en Handvlyt

Beriggewer: Nellie Viljoen

Datum: 20 Junie 2017

 

 

Vryburg VLV maak kennis met Granny B kalkverf wat in Suid-Afrika vervaardig word. Die verf is beskikbaar in helder kleure en kan op enige oppervlak soos metaal, hout of materiaal aangewend word. Twee lae behoort voldoende te wees. Metaalverf word met ‘n droë kwas aangewend. Twee lae seëllaar word gebruik om die verf te beskerm. Vir die buitelug is daar ‘n spesiale seëllaar beskikbaar. Al dié produkte is beskikbaar by Mademoiselle. Lede kry die geleentheid om hul vaardighede op die proef te stel.

 

 

Carien-Mari Brink het ook gewys hoe om maklik en vinnig botterskorsiesop te maak.

Kap 2 ui en braai met 150 g spekvleis.

Sny 350 g botterskorsie, 350 g wortels en 350 g aartappels.

Kook alles met 2 liter hoenderaftreksel tot sag.

Voeg sout en peper by na smaak.

Maak fyn of verpulp.

Voeg 600 ml melk en 125 ml room by voor bediening.

Opsioneel: 175 g cheddarkaas

 

 

Esta Twigge en Carien-Mari Brink

 

 

 

 Granny B produkte

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die gelukkige wenner se pakkie

 

 

Post a comment

twenty − nine =