Die 5 P’s

 

Die 5 P’s

Posted by VLV in Caledon Tak, News 08 Aug 2014

Sirkel: Overberg

Tak: Caledon

Portefeulje: Openbare Sake

Beriggewer: Yvonne Pretorius

Datum: 7 Augustus 2014

 

Felicity se bespreking as Maatskaplike werker het gegaan oor KINDERSORG SUID-AFRIKA (GENADENDAL) DIENSTE. Die bespreking het gehandel oor vyf P’s naamlik:

  1. PLEK – Die organisasie is ‘n Nasionale Organisasie, waarvan Genadendal een van die takke in die Overberg streek is. Die kantoor word gehuis in ‘n huis wat tans deur die organisasie gehuur word. Organisasie in proses om die gebou op te knap. Dienste word gelewer in Genadendal, Greyton, Bereaville, Voorstekraal en  omliggende plase.
  2. PERSONEEL – Tans is daar 4 permanente personeellede en vyf studente wat dienste lewer. Daar is vir twee verdere poste aansoek gedoen by Departement van Maatskaplike Ontwikkeling. Die organisasie ontvang staatshulp vir personeel salarisse.
  3. PERSOON – Die kliënte wat bedien word, kom uit areas soos bo aangedui. Geen onderskeid word getref, ten opsigte van ras, klas of geslag nie.
  4. PROBLEEM – Kinderverwaarlosing, kindermishandeling, kinder molestering en gedragsprobleme. Gesinsprobleme soos huweliksprobleme en gesinsgeweld. Dwelmiddel afhanklikheid, verwysing vir rehabilitasiedienste en lewering van nasorgdienste. Bejaardheid-mishandeling van bejaardes en aansoek vir opname by tehuise vir bejaardes. Statuêre dienste, soos pleegsorg, oorplasings, verlengings en ontheffings. Gesondheidsverwante probleme soos HIV/TB en psigiese afwykings. Werkloosheid en armoede kom algemeen voor, asook materiële nood.
  5. PLANNE/PROJEKTE – Daar is ‘n voedingskema projek wat drie maaltye per week verskaf. Nasorgdiens by Greyton Primêre Skool. Eye On The Child-vrywilligers wat behulpsaam is om gevalle van kinderverwaarlosing aan te meld. Fondsinsamelingprojekte is geloods vir die aankoop van kospakkies. Behoeftes is speelgoed vir kinders, tydskrifte, sitbanke.

 

Vriendelike versoek is aan die lede gerig vir skenkings.

 

DSC_0032

Retha Skein (voorsitter), Sanna Booi (VLV-lid) en Felicity Filander by van die niebederfbare produkte geskenk deur die Caledon VLV-lede.

 

DSC_0029

Felicity Filander word deur Retha Skein (voorsitter) bedank.

Post a comment

seven + 10 =