Despatch vier Boomplantdag

 

Despatch vier Boomplantdag

Posted by VLV in Despatch Tak, News 04 Sep 2019

Sirkel: Middelland

Tak: Despatch

Studierigting: Landbou

Beriggewer: M Bùchner

Datum: 3 September 2019

 

Vlv Despatch Tak, onder leiding van Landbou Sameroeper, Juby Bubb Vermaak, het op 3 September 2019 met  boomplant week vir St James Secondary School in Sauderville ondersteun.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Moja Brits, wat ons spreker gaan wees op 21 September 2019 om 2 uur te Despatch, is ‘n Maatskaplike werker by bogenoemde skool. Haar plekkie waar berading plaasvind, was maar vaal en VLV Despatch Tak het besluit om waterwerende plante, nl  vetplante, te gebruik om ‘n  tuintjie te maak voor haar kantoor. Dit helder die kantoor op. Die verantwoordelikheid is dan oorhandig aan die dogters van die skool om hierdie tuin instand te hou.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Voor 

en

Na

 

Heidi Alberts, Suzette Schoeman, Moniques Bùchner en Christie-Leigh Gouws het almal hand bygesit en gehelp. Die eindresultaat was goed en almal was opgewonde oor die tuintjie. Mnr Rensburg, Skoolhoof, en van die dogters was ook betrokke.

 

     

Christie-Leigh, Suzette, Moniques en Juby hard aan die werk.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

VLV Middelland se 85 jarige bestaan is sodoende  herdenk met die uitpak van plante. Na al die harde werk, wat Juby alles voorberei het, het Heidi ons met n koppie koffie bedien.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Agter: Juby Bubb-Vermaak, Moja Brits (Maatskaplike werker), Heidi Alberts, Suzette Schoeman, Moniques Bùchner (Takvoorsitter) en Christue-Leigh Gouws.

Voor: Mnr Rensburg, Skoolhoof

Hierdie dogters sal in die toekoms na die tuintjie omsien.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Post a comment