Demensie en Alzheimer se siekte

 

Demensie en Alzheimer se siekte

Posted by VLV in Brackenfell Tak, News 08 Aug 2014

Sirkel: Tygerberg

Tak: Brackenfell

Portefeulje: Gesondheid

Beriggewer: Lettie Van Wyk

Datum: 7 Augustus 2014

 

Erna Nissen, Fasiliteerder van die Alzheimer Ondersteuningsgroep in die Strand,  het met ons kom gesels oor die hartseer omstandighede van pasiente wat met Demensie en Alzheimer siekte gediagnoseer word.    Met haar sprankelende persoonlikheid het sy eers vir ons Annelie van Rooyen se lied “Ek lewe” gespeel om te demonstreer dat dit belangrik is om elke dag voluit te leef met die vermoëns wat jy nog het.

 

Demensie is die versamelnaam  van die verskillende tipes demensie.  Sy het haar “Demensie-hoed” opgesit met verskillende toutjies na benede.  Elke toutjie verteenwoordig een of ander tipe demensie.  Alzheimer en Vaskulêre Demensie (vroeër jare is verwys na “verkalking van die are”) is van die mees algemeenste. Lewy Liggaampies Demensie,  Alkoholmisbruik Demensie, Hoofbesering Demensie, Demensie van Parkinson’s, Huntington se siekte en nog vele ander. Demensie is ‘n siekte wat die geheue, denkprosesse en gedrag aantas.

 

IMG_0752

 

Dan is daar siektetoestande wat demensie simptome kan gee soos blaasinfeksie, hoë bloeddruk, depressie, gewasse op die brein, hardlywigheid, alkoholmisbruik en skildklierprobleme. Hierdie simptome moet eers uitgeskakel word voordat die mediese praktisyn ‘n diagnose kan maak deur middel van bloed- of urinetoetse.

 

Indien daar vermoed word dat ‘n persoon aan Demensie ly, is dit belangrik dat ‘n vertroueling sal saamgaan na die dokter, wat kan vrae vra en ook kan help met die medikasie. Baie van die medikasie het ernstige newe effekte, soos naarheid of diarree.     Mens gaan nie dood van Alzheimer siekte nie, maar van ander siektes wat daaruit voortspruit.  ‘n Alzheimerpasient kan tot 8 jaar na diagnose leef.

 

Indien iemand gediagnoseer word  is daar sake wat so gou as moontlik reggestel moet word. Gaan na ‘n prokureur om die persoon se testament op te stel en finansiële sake in orde te kry. Hoor ook of die persoon ‘n lewende testament wil hê wat sal verseker dat hy/sy nie onnodiglik kunsmatig aan die lewe gehou sal word nie.  Tehuise is baie duur – gaan daar genoeg geld wees om die pasient te versorg?

 

Mens loop nie die pad alleen nie en die persoon wat die pad saamstap, moet nie vergeet word nie, want dié kry ook baie swaar.

 

Alzheimer/Dimensie Ondersteuningsdienste:

Dimentia  SA Tel No. 021 421 0077 / 021 418 5888

e-pos:   info@dementiasa.org

Webwerf: www.dimentiasa.org

Alzheimer’s SA hulplyn:  0860102681

 

IMG_0754

Die dames wat jaar-knopies ontvang het is:

Agter:   Yvonne Labuschagne (20 jaar) Judith Lubbe (visevoorsitter, wat die oorhandiging gedoen het) en Elsabe Swart (10 jaar).

Voor:   Lydia Brink (65 jaar) Maleen Smith (30 jaar) en Elba van der Merwe (5 jaar)

 

 

 

Post a comment

two × four =