DE AAR TAK, SIRKEL NOORD-KAROO

 

DE AAR TAK, SIRKEL NOORD-KAROO

Posted by VLV in De Aar Tak, News 27 Aug 2009

DE AAR TAK, SIRKEL NOORD-KAROO

Rina Coreejes skryf:

Ivonne Fourie en Hildegard van Zyl het ‘n Leefstyl middag met ‘n pampoen-tema aangebied.  “Pampoenliedjies” het gespeel met die inkomslag,  waarna hulle ‘n paar demonstrasies gehou het met al die verskillende goed wat mens met ‘n pampoen kan aanvang.

Annatjie Erasmus bied ‘n praatjie aan oor die toestand van Gesondheidsdienste in ons land, hoe ons kan help en waar ons kan kla.

Gail Fereira het haar passie vir fotografie met die lede van De Aar gedeel.  Sy het raad gegee vir die neem van boomfoto’s met die oog op die kompetisie, hierdie jaar.

Hierdie foto wys Margaret Sequeira besig met die demonstrasie van ‘n tipiese Portugese dis.  Sy het met groot entoesiasme en liefde oor die Portugese kultuur en tradisies met ons gesels, op Dinsdag 9 Junie 2009.  Sy het gefokus op die eiland Madeira, waar hulle familie vandaan kom.

Post a comment

4 × two =