Dans hou jou fiks

 

Dans hou jou fiks

Posted by VLV in Langebaan Tak, News 08 Jun 2017

 

Sirkel: Weskus

Tak: Langebaan

Studierigting: Gesondheid

Beriggewer: Yvonne Neethling

Datum: 7 Junie 2017

 

In Langebaan kan die storm, reën en sterk wind nie die dames keer om VLV toe te kom nie. Op 7 Junie was ons 62 dames wat hierdie elemente getrotseer het om lekker saam te kuier!  Martie Purdy open met die gedagte om atyd ‘n lepel handig naby te hê, na lekker kos, met die afwagting vir nog iets lekker of beter om te kom. ‘n Vrou op haar sterfbed het gevra vir hierdie lepel op haar kis ……… “vir die beste wat nog kom.”

 

Pina Krum en Marie Snyman wens almal wat verjaar geluk met ‘n video greep van muise wat “Happy Birthday” sing.

 

 

 

Louna Niehaus

 

 

 

 

Maretha Botha stel vir Louna Niehaus opnuut voor – behalwe haar gesondheids-agtergrond het sy ook haar privaat vlieglisensie. Louna vertel van ‘n 47 jarige vriendin met demensie. Sy inspireer ons opnuut om gesond te lewe, baie te lees, blokkiesraaisels in te vul, sorge te laat los en te Lyndans, sodat ons “happy” gevoel ons stresvlakke verminder. ‘n Maklike Lyndans roetine word gou-gou aangeleer deur die dames van die Gesondheid Studierigting.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Materiaal Rose ter versiering

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die tafels eenvoudig met vetplante, sop en brode versier

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die oggend word warm afgesluit met verskillende soppe, brode, koffie, tee en vir die wat steeds koud kry….sjerrie!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Maretha Botha en Louna Niehaus geniet ‘n glasie Sherry

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Lyndansroetine

 

 


Lyndansroetine almal oefen saam

 

 


Lyndansroetine

Post a comment

15 − fourteen =