Danielskuil kuier saam met Dowwe Dolla

 

Danielskuil kuier saam met Dowwe Dolla

Posted by VLV in Danielskuil, News 24 Oct 2019

Sirkel: Griekwaland-Wes

Tak: Daniëlskuil

Portefeulje: Opvoeding & Kultuur

Beriggewer: Hettie Krüger

Datum: 11 Oktober 2019

 

 

VLV Danielskuil skitter by Dowwe Dolla vertoning

 

Dowwe Dolla het Hoërskool Daniëlskuil op Vrydagaand 11 Oktober 2019 besoek as deel van ‘n Vroue-aand fondsinsameling vir die skool. Die tema vir die aand was “Tinkerbell met baie glitter – Laat jou glitter skitter”.

 

Die skoolsaal en voorportaal is in ‘n pragtige sprokieswoud omskep en die nagenoeg 300 dames wat die geleentheid bygewoon het, het almal in feëtjie uitrustings opgedaag!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Elke dame wat die geleentheid bygewoon het, het ‘n stokkielekker en ‘n sleutelhouer ontvang met Hoërskool Daniëlskuil se wapen voorop en die volgende aanhaling agterop: “All you need is faith, trust and a little pixie dust!”

 

Die splinternuwe VLV-tak op Daniëlskuil was goed verteenwoordig by die geleentheid en Dowwe Dolla het ‘n hele paar maal in haar vertoning verwys na “die plaaslike VLV-tak”. Voorsitter,Hettie Krüger, Gesondheid Saamroeper, Amelia Gous, en Kunste & Handvlyt Saamroeper, Marlene van der Walt, was al drie finaliste vir die toekenning van “Beste Uitrusting”.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hettie Krüger

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Amelia Gous

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Tharina van Staden

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hazel-dene Moses wat die toekenning vir Beste Uitrusting gewen het in die pragtige voorportaal.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hazel-dene Moses het egter met die louere weggevlieg. Tersa Steyn, wat ‘n besoeker by Danielskuil VLV se September-vergadering was, het pragtig gelyk in ‘n pienk uitrusting en vlerkies wat sy van haar kleindogter geleen het!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Tersa Steyn

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Openbare Sake Saamroeper Nicole Fourie was die gasvrou van tafel 9 wat die meeste geld in ‘n blikkie op die tafel ingesamel het. Elke persoon aan dié tafel, waarvan Hettie ook deel was, het ‘n geskenbewys ontvang vir ontbyt by die ongelooflike Blue Stone Lodge in Lime Acres (waar dié VLV-tak se September-vergadering ook was).

 

Tesourier en Opvoeding & Kultuur Saamroeper, Tharina van Staden, was deel van Amelia Gous se tafel wat almal soos Afrika feëtjies aangetrek het. Hulle foto het op Dowwe Dolla se Facebook-blad verskyn met die volgende byskrif: “Watter heerlike girls night het ons nie gehou in Daniëlskuil nie. Tema: Tinkerbell. Hier pose ek by Zumpies se 7 vroue. Hierdie girrrrls het gees! Neef Kotie het op die veiling per ongeluk ‘n Nespresso gekoop… #nuwerekord2400kmvireenshow”. Die baie r’e in “girls” verwys na die manier waarop sy die r in haar vertoning rol en die sogenaamde “Neef Kotie” is haar klankman.

 

Margit Meyer-Rödenbeck, wat die Dowwe Dolla-karakter uitbeeld, het op Daniëlskuil VLV se Facebook-blad geskryf: “Julle was ‘n heerlike gehoor. #girlpowder”.

 

 

Die Dowwe Dolla-aand was hope pret en die aanhoudende skaterlag was nét wat die dokter voorgeskryf het.

 

Voorsitter van Daniëlskuil se VLV-tak, Hettie Krüger saam met Dowwe Dolla.

 

Die Afrika-feëtjies wat Dowwe Dolla se Facebook-blad gehaal het, voor vlnr: Janel Marais, Amelia Gous, Dowwe Dolla, Rhona Holt en Tharina van Staden. Agter vlnr: Esmarie Rudolph, Anel Marais, Susan King en Marieke Douglas.

 

Leave a Reply