Damesoggend met Heleen Meyer

 

Damesoggend met Heleen Meyer

Posted by VLV in News, St. Helenabaai 25 Mar 2018

Sirkel: Weskus

Tak: St Helenabaai

Portefeulje: Opvoeding

Beriggewer: Maggie Enever

Datum:  24 Maart 2018

 

 

Van die lede saam met Heleen Meyer. Sy is bekend vir haar kosprogramme op RSG, Groot Ontbyt en artikels in die tydskrif Lig.    St Helenabaai se lede het hulle self oortref en R2200.00 is ingesamel vir Droogtehulp met Burre Burger. Hiervan het Heleen R200.00 uit haar boek verkope geskenk.

 

 

 

 

 

 

 

 

Theresa wens die Verjaarsdag dames geluk en oorhandig boek geskenkies aan Elna, in die middel, en Shumay, regs.

 

 

 

 

 

 

 

 

Die voorbereiding van Basiese gekaramelliseerde uie, Basiese maalvleismengsel en Granola-krummel is gedemonstreer. Proehappies hiervan is aan gaste uitgedeel. Die houtsnybord, wat ook gedien het as kleinbordjie vir die verversings, en versierde koekvurkies is as geskenk aan gaste uitgedeel.

 

 

 

 

 

Estelle Du Plessis, President Sirkel Weskus, en Sinnie in vrolike luim terwyl Lin, middle agter, toe kyk.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Maryna en Joh in gesprek. Joh was die gelukkige wenner van resepteboeke wat Heleen geskenk het.

 

 

 

 

Dogters dansgroep onder leiding van Nolinda Ndabakayise het gaste met Xhosa danse vermaak.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Tannie Susan, 90 jaar jonk, en Miems deel die proekos uit, terwyl Petro in die agtergrond besig is.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die minlike Heleen Meyer. Sy het almal oorweldig met haar interessante en lewendige aanbieding. Een van haar baie wenke is om 500g botter goed te meng met 300ml olyfolie. Die botter bly dan smeerbaar en verdubbel amper in volume.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Kobis, met ‘n i, Wilson reken hy sing nie meer op begrafnisse nie want die VLV hou hom te besig. Die man kan maar sonder begeleiding sing en het ‘n gesonde humorsin.

 

 

Post a comment

3 × 4 =