Daar word gepasta

 

Daar word gepasta

Posted by VLV in News, Voëlvlei Tak 16 Sep 2014

Sirkel:                    SWD

Tak:                        Voëlvlei

Portefeulje:       Leefstyl

Beriggewer         Dania v/d Walt

Datum:                 16 September 2014

 

 

30 Lede van Voëlvlei VLV pak die motors vol siele en sak toe op Chrisilda van Rensburg se huis op hul plaas in die Vleesbaai distrik vir die eerste van drie demonstrasies.  Daar is besluit om dié dag in die vorm van ‘n “Safarie Ete” te hou met die demonstrasies by drie lede se kombuise.

 

 

By ons eerste stopplek demonstreer Johlene Muller vyf verskillende southappies wat jy met die minimum bestandele, woerts warts aanmekaar kan slaan.

  • Deegwielietjies – Gekoopte blaardeeg word oopgerol en gevul met kaas, gekapte gebraaide spek en sampioene en enige lekker soutigheid wat jy wil byvoeg. Rol op soos ‘n rolkoek, sny in wielietjies en bak op ‘n gesmeerde bakplaat.
  • “Bowties” – 2 velle gekoopte blaardeeg word oopgerol.  Strooi bruinuiesoppoeier en fyngerasperde kaas oor een vel, plaas 2de vel bo-op en rol dun uit.  Sny in strokies en gee ‘n “twist”.  Bak op bakplaat.
  • Rys en Kaas happie – 1k meel, 1 eier, 1k melk, 1k rys.   Sit stukkie spek onder in klein “patty pan” pannetjie en skep lepel vol mengsel bo-op.  Bak
  • Kaas strooitjies.
  • Sny broodkorsies af.  Sny in vingers en smeer met margarine en marmite en droog uit soos beskuit.

Die dames kry geleentheid om aan al die lekkernye te proe.

 

 

 

 

???????????????????????????????

 

 

???????????????????????????????

 

 

In die motors en voort na Frieda Menderoy se kombuis in Vleesbaai vir ons pasta ervaring.  Rika de Villiers en haar dogter Fránce (ingevoer van Pretoria) demonstreer vir ons hoe om pastadeeg aan te maak en daarna verskillende vorms van ravioli te maak.  Fránce vertel ons so ‘n bietjie oor die geskiedenis van ravioli en gee aan elke dame ‘n resepteboekie met die disse in wat sy demonstreer.  Daarna wys sy hoe om die deeg met deur ‘n pastamasjien te rol tot die verlangde dikte.  Sy sny lang stroke deeg vir die volgende vulsels:

  • Pampoenvulsel – Fránce gebruik ‘n konfytflessie en maak sirkels op die deeg. Die een strook se sirkels word met eierwit geverf, en die pampoenvulsel word met ‘n spuitsakkie op die ander strook se sirkels gespuit.  Sy plaas die strook met eierwit gesmeer bo-op die pampoene en druk dan van een kant al in die rondte die lug uit en seel die ravioli.  Sy plaas die ravioli in ‘n potjie met borrelende water (nie kook nie) en na omtrent 3 minute styg hul na bo en voila! dis gaar.  Daarna word die pasta met eier en broodkrummels bedek en gediepbraai.  Dit word bedien met ‘n botter en sage- sousie.
  • Maalvleis en Ricotta vulsel – hierdie keer word die pasta in vierkante gesny en op dieselfde manier met maalvleis gevul.
  • Ricotta en Aarbeie – Fránce versoet die ricotta met strooisuiker en voeg gekapte aarbeie daarbei. Sy vul ‘n deegsirkel met die vulsel en vou dit in ‘n halfmaan.  Dié ravioli word gebraai in diepvet tot bros, op ‘n mooi opdienbord gesit, versiersuiker oor gesif en met sjokolade sous bedruip.  Hemels!

Wat ‘n gastronomiese ervaring! Rika sit ook ‘n groente lasagne aan ons voor.  Hul het self die pastavelle gemaak, maar dit in pype gerol en die groentevulsel binne in gedruk, bedek met tamatiesous en witsous bo-oor.  Daarna is dit gebak.

 

 

??????????

 

 

???????????????????????????????

 

 

???????????????????????????????

 

 

Met vol magies is dit weer terug motors toe en voorwaarts na Betsie Muller se huis vir ons laaste demonstrasie.  Daar aangekom vertel Elmarie Engelbrecht ons die geskiedenis van baklava en hoe om die dis bymekaar te sit.  Dit is egter ‘n baie duur gereg, en sal seker net met ‘n baie spesiale geleentheid voorgesit word.

Koffietyd!  Elk kry ‘n stukkie baklava en sit heerlik en klets oor die middag se lekkernye.

 

 

???????????????????????????????

Post a comment

nine − one =