Citrusdal sluit af

 

Citrusdal sluit af

Posted by VLV in Citrusdal Tak 19 Nov 2014

Sirkel: Weskus
Tak: Citrusdal
Beriggewer: Jolien Mouton
Datum: 19 November 2014

 
Die VLV-afsluiting vir 2014 word by Citrusdal Country Lodge gehou.  ‘n Pragtige tafel is  gedek deur die eienares, Mariaan van der Vyver.

 
citrusdal2

 
Annette Neethling, voorsitter, open  met Skriflesing en gebed.  Jolien Mouton lees Koos Kombuis se kortverhaal, K(n)ersfees voor vir ‘n bietjie humor.  Marlena Latsky doen ‘n blom demonstrasie waar sy wys hoe om ‘n ronde tafelruiker te maak en hoe om ‘n kersfees-atmosfeer kan skep as daar nie veel blomme beskikbaar is nie, met slegs glas, kerse en loof.

 
citrusdal4

 
Die volgende persone ontvang kentekens, links: Marlena Latsky (35 jaar), middel: Marianne van der Merwe (30 jaar), afwesig:  Lizette van der Merwe (35 jaar) en Astrid Basson (15 jaar).

 
citrusdal6

 
Pryswenners vir die jaar is, vlnr:  Joan Mouton (Mikrogolf), Marianne van der Merwe (oorhandig pryse), Marlena Latsky (Fotografie) en Ella Watson (Gebak, Rangskikking en Meeste punte)

 
citrusdal1

 
Die bestuur van 2014 word bedank vir hul harde werk en bydrae vir die jaar, vlnr:  Joan Mouton, Annette Neethling, Marlena Latsky, Estelle Mcgregor en Marianne van der Merwe.

 
citrusdal

 
Die volgende persone kry sertifikate vir 100% bywoning, vlnr:  Marianne van der Merwe, Annette Neethling, Marlena Latsky en voor sit Sannie Laing.

 
citrusdal3

 
Estelle Mcgregor bedank die voorsitter, Annette Neethling, vir haar harde werk gedurende die jaar.

 
citrusdal5

 
Die lede geniet die res van die aand ‘n heerlike aansit-ete, voorberei deur die vriendelike personeel van Citrusdal Country Lodge.

 

Post a comment

five × three =