Citrusdal skop af

 

Citrusdal skop af

Posted by VLV in Citrusdal Tak 28 Jan 2015

Sirkel:  Weskus
Tak:  Citrusdal
Beriggewer:  Jolien Mouton
Datum:  28 Januarie 2015

 

 

citrusdal2

 
Die tak skop 2015 af met ‘n heerlike kuiermiddag by Lizette van der Merwe se huis te Karnemelksvlei.  Annette Neethling, die voorsitter open en Marlena Latsky lees  ‘n stuk geskryf deur Hester Genis wat handel oor dat mens wel maar so bietjie kan afwyk van die daaglikse gejaagdheid en weer die mooi in die lewe moet raaksien en waardeer.

 

 

citrusdal

 
Astrid Basson en Alida Meyer van HUG (Help Us Grow) vertel die dames van die plaaslike skoenboks projek wat in 2014 begin is.  Skoenbokse word verpak volgens ouderdomsgroepe:  Voorskools 1-5 jaar, Laerskool 6-12 jaar en Hoërskool 12 jaar+.  Die inhoud van die skoenbokse bestaan oor die algemeen uit ‘n waslap, seep, tandeborsel, tandepasta, kam en ‘n pakkie lekkers of koekies.  Daar word dan iets ekstra soos speelgoed of kryte vir voorskoolse kinders, spuit goed en room vir Laer- en Hoërskooldogters en dan spuit goed en ‘n flits vir Laer- en Hoërskoolseuns ingesit.  Daar was ‘n totaal van 250 skoenbokse en 50 kos pakkies wat ontvang is van Citrusdal se inwoners en plaaslike besighede.  Gedurende Desember was dit uitgedeel aan minderbevoorregte kinders in Riverview, die plaaslike plakkerskamp.

 

 

citrusdal4

 
Annette Neethling, ons voorsitter oorhandig aan Lizette van der Merwe haar kenteken vir 35 jaar as lid van die VLV en aan Astrid Basson vir 15 jaar.  Baie dankie Lizette vir jou gasvryheid en die heerlike “brownies”, roomys en heerlike drinkgoed.

 

 

citrusdal3

Post a comment

3 × five =