Carpè Diem vier hul 5de verjaardag

 

Carpè Diem vier hul 5de verjaardag

Posted by VLV in Carpe DiemTak, News 16 Aug 2019

Sirkel: Sirkel Middelland

Tak:  Carpe Diem

Portefeulje:  Openbare Sake en Leefstyl

Beriggewer:  Joey Fourie en Marietjie van der Walt

Datum:  15 Augustus 2019

 

Ons het ons jong tak se 5de verjaarsdag gevier en is so dankbaar om te sê dat dit 5 jaar van groot aktiwiteit, groot verrykking, groot groei, nie net in getalle nie, maar ook in ons menswees was!   Van die begin af het die 7 bestaande ouer lede en die jonger gewerfde lede so lekker saamgewerk en die jonges het vir die tak ‘n nuwe inspuiting gegee!  Ek glo nie daar is nog ‘n tak wat as een span so lekker saam werk nie!  Vir vier agtereenvolgende jare het Carpe Diem die beker vir die meeste punte by Konferensie huistoe gebring, asook by geleentheid die beker vir ons projekte wat ons aangepak het, vir beste administrasie en vir die meeste lede gewerf.

 

Die tafels en verjaardagkoek was versier in helder sonsopkoms-kleure

 

Aangesien ons vaandel die sonsopkoms uitbeeld het ons besluit om die tafels te dek in helder geel en oranje.  Spesiale oomblikke gedurende die afgelope 5 jaar is vasgevang op foto’s wat as ‘n skyfie-vertoning aangebied is.  Lynette Martin, wat as sirkelpresident ons sirkel gestig het, het ons ook besoek.  Hannelie Low het ongelukkig ander verpligtinge gehad vir die oggend.

 

 

 

 

Carpe Diem se vaandel en die VLV-gebed

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Lynette Martin wens vir Elsje, ons voorsitter, geluk met Carpe Diem se 5de verjaarsdag

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Lynette Martin saam met Elsje Ferreira, ons huidige voorsitter en Marietjie van der Walt, die eerste voorsitter van Carpe Diem

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Al die taklede saam rondom die verjaardagkoek

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Adalette Phillips van die Rape and Crisis Centre op Uitenhage het ons tak besoek om 85 palmpoppies, wat gebrei is vir die kinders as deel van die 85ste bestaansjaar van Sirkel Middelland, af te haal.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die 85 palmpoppies vorm deel van die sirkel se 85ste verjaardagvieringe

 Palmpoppies is gebrei vir die kinders by die Rape and Crisis Centre

 

 

Chanté, ‘n terapeut van Beauty Logic op Uitenhage, het ‘n praatjie gelewer oor die versorging van ons hande en een van ons lede bederf met ‘n heerlike manikuur!  Queenie Els is gekies om bederf te word aangesien sy regtig haar hande gebruik om te werk vir ons tak en die gemeenskap.  Queenie het onder andere 217 sakke van materiaal gemaak vir die Mula-winkel sodat die kinders nie hul kruideniersware in plastieksakke hoef huis toe te neem nie.

 

 

Queenie Els word bederf met ‘n manikuur deur Chanté

 

 

 

Ons het ook ‘n muntlegging gehou om fondse in te samel vir ons projekte.

 

Jenny Watkins en Marie Niemand is besig om hul munte te lê

 

‘n Plaaslike maatskappy wat by herwinning betrokke is het ook vir ons groot sakke gebring waarin die lede al hul materiaal vir herwinning kan plaas.  Papier, karton, blikke, plastiek en glas word so herwin.

 

 

 

Post a comment