Byeboerdery

 

Byeboerdery

Posted by VLV in Rocklands Tak 17 Sep 2015

Sirkel:  Middelland.
Tak:  Rocklands.
Portefeulje:  Landbou.
Beriggewer:  Mavis van Eyk.
Datum:   17 September 2015.

 

 

4E674BFC (Custom)
Sunell Whitehead het vir die tak kom vertel van hulle byeboerdery.

 

‘n Brokkie interessante inligting:  Hoe vertel ‘n werkerby wat van ’n nektarbron terugkom vir haar mede bye waar sy die blomme gekry het? Die Oostenryker, Karl von Frisch is met die Nobelprys beloon nadat hy die fantastiese antwoord gevind het.

 

Hy het vasgestel dat sy dit doen deur vir hulle op ‘n heuningkoek wat ondertoe hang in die vorm van ‘n 8 te dans. Sy vertel vir hulle hoe ver die blomme is deur middel van die aantal swaaie van haar lyf in die reguit deel van die dans. Om die rigting aan te dui, word die hoek tussen die kos en die son voorgestel deur die hoek wat die by ten opsigte van die swaartekrag (of loodregte lyn) aanneem. Hoewel die son se hoek voortdurend verander, ‘weet’ die by hoe om haar dans daarby aan te pas, hoewel sy nie meer die son in die donker korf kan sien nie.
 

8F2143CD (Custom)

Post a comment

eight + 18 =